Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Bepalings en Voorwaardes

2009-07-31 10:29
Tweets Share Share line Print

HIERDIE BEPALINGS EN VOORWAARDES IS BINDEND EN REGTENS AFDWINGBAAR TEENOOR ALLE PERSONE (GEBRUIKERS) WAT DIE NUUS24 WEBTUISTE OF ENIGE DEEL DAARVAN (DIE NUUS24 WEBTUISTE) GEBRUIK IN TERME VAN ARTIKEL 21 VAN DIE WET OP ELEKTRONIESE KOMMUNIKASIE EN TRANSAKSIES VAN 2002.
DIEGENE WAT DIE NUUS24 WEBWERF OM WATTER REDE OOK AL GEBRUIK, ONDERWERP HULSELF AAN EN STEM TOE TOT DIE BEPALINGS, VOORWAARDES EN PRIVAATHEIDSBELEID VAN NUUS24 SOOS HIERONDER UITEENGESIT.

'N AFSKRIF VAN DIE EKT WET KAN AFGELAAI WORD BY:

http://www.polity.org.za/pdf/ElectronicCommunications.pdf


DEFINISIES EN INTERPRETASIE

a.    Verwysings na die Nuus24 webtuiste of inhoud sluit in enige deel daarvan;
b.    Verwysings na die gebruiker(s) verwys na enige persoon wat die Nuus24 webtuiste besoek, nieteenstaande die feit dat só 'n person slegs die tuisblad van die Nuus24 webtuiste besoek het;
c.    Verwysings na die enkelvoud sluit die meervoud in, en andersom; en
d.    Buiten dat skakels binne hierdie bepalings en voorwaardes na kopiereg kennisgewings en wetgewing as deel van hierdie bepalings en voorwaardes beskou moet word, ingevolge afdeling 11 van die EKT Wet, sal die feit dat sommige van of al hierdie skakels nie-operasioneel mag wees, nie 'n rol speel in die geldigheid en interpretasie van hierdie bepalings en voorwaardes nie.
 

1.    ALGEMEEN
1.1    Nuus24, Suid-Afrika se voorste Internet nuusdiens, bied die jongste nuus van reg rondom die wêreld, 24 uur per dag aan. Met 'n klem op Suid-Afrikaanse en Afrika-nuus, bied Nuus24 omvattende Engelse en Afrikaanse dekking van algemene nuus, besigheidsnuus, sportnuus en ander groot areas van belang. Buiten hoë-kwaliteit nuus, bied Nuus24 'n reeks addisionele interaktiewe dienste aan.
1.2    Nuus24 inhoudvennootskappe binne Naspers sluit in Beeld, Die Burger, Volksblad, Rapport, City Press, Finweek. Ander verskaffers van inligting is The Natal Witness, Reuters, Associated Press, Sapa, ECNA en AFP (deur Sapa), Pana en African Eye News Service. Agentskappe wat nie geaffilieer is aan Media24 nie, het hul eie bepalings en voorwaardes, en gebruikers word verbind tot daardie bepalings en voorwaardes as inhoud op die Nuus24 webtuiste oorspronklik van sulke agentskappe afkomstig is.
    

2.    GOEDGEKEURDE GEBRUIK EN LISENSIE
2.1.    Nuus24 lisensiëer die gebruiker om die inhoud van die Nuus24 webtuiste te besigtig, kopiëer, aflaai en te druk, onderhewig aan die volgende voorwaardes:
     2.1.1    Sulke inhoud mag slegs gebruik word vir persoonlike, opvoedkundige en/of nie-kommersiële doeleindes; en
     2.1.2    Enige herproduksie of kopie van inhoud vanaf die Nuus24 webtuiste sluit in die volgende kopiereg: © Nuus24 2003. ALL REGTE VOORBEHOU.
2.2    Inhoud van die Nuus24 webtuiste mag nie gebruik of uitgebuit word vir enige kommersiële en nie-private doeleindes nie, sonder die voorafgaande geskrewe toestemming van Nuus24 nie.
2.3    Gebruikers mag slegs die Nuus24 webtuiste gebruik en toegang daarna verkry vir wettige doeleindes.
2.4    Die gebruik van die Nuus24 webtuiste se inhoud in elektroniese "clipping" dienste of verpersoonlikde nuusdienste sal slegs toegelaat word indien sulke elektroniese dienste of verpersoonlikde nuusdienste:
     2.4.1    Nie die hele artikel kopiëer of aanbied soos dit op die Nuus24 webtuiste verskyn nie, en slegs 'n opsomming van die artikel se inhoud bied;
     2.4.2    Nuus24 erken as die bron van die inhoud;
     2.4.3    'n Korrekte en werkende skakel bied na die bron van die inhoud of artikel op die Nuus24 webtuiste;
     2.4.4    Skrywers, joernaliste, fotograwe en derde party agentskappe erken soos hulle op die Nuus24 webtuiste erken word; en
     2.4.5    Die datum waarop die inhoud van die Nuus24 webtuiste gebruik is in die opsomming van die inhoud insluit.
2.5    Die berging (caching) van die Nuus24 webtuiste sal slegs toegelaat word indien:
     2.5.1    Die doel van die berging is om die verdere verspreiding van die Nuus24 webtuiste se inhoud meer effektief te maak;
     2.5.2    Die gebergte inhoud mag nie op enige moontlike manier aangepas word nie;
     2.5.3    Die gebergte inhoud moet ten minste elke 12 (twaalf) uur bygewerk word; en
     2.5.4    Die gebergte inhoud verwyder of opdateer word indien Nuus24 dit sou vereis.
2.6    Indien enige persoon inhoud van die Nuus24 webtuiste gebruik op 'n wyse teenstrydig met die voorwaardes hierin uitengesit:
     2.6.1    Behou Nuus24 die reg om skadevergoeding te eis van só 'n persoon; en
     2.6.2    Sal Nuus24 nie aanspreeklik gehou word, op enige moontlike manier, vir enige skade, verlies of aanspreeklikheid as gevolg van só 'n persoon, of enige derde party, se gebruik van sulke inhoud nie.
2.7    Hiperskakels na die Nuus24 webtuiste vanaf enige ander bron, sal na die tuisblad van die Nuus24 webtuiste verwys. 
Nuus24 sal nie op enige moontlike manier aanspreeklik gehou word vir enige skade, verlies of aanspreeklikheid as gevolg van die gebruik van Nuus24 se inhoud nie, indien toegang tot sulke inhoud verkry is deur ‘n hiperskakel wat nie direk na die Nuus24 webtuiste se tuisblad skakel nie. 
Persone wat skakels wil skep na inhoud wat nie op die tuisblad van die Nuus24 webtuiste verskyn nie, doen dit op eie risiko, maar hulle onderneem om Nuus24 te vrywaar teen enige verlies, aanspreeklikheid of skade, wat 'n gevolg mag wees van die gebruik van inhoud op die Nuus24 webtuiste, indien toegang tot sulke inhoud verkry is deur middel van 'n hiperskakel wat nie direk na die tuisblad van die Nuus24 webtuiste skakel nie.
Nuus24 is nie aanspreeklik vir diep skakeling (deep linking) aangesien diep skakels nie aan hierdie bepalings en voorwardes onderhewig is nie.
2.8    Gebruikers mag klein en redelike hoeveelhede inhoud wat beskikbaar is op Nuus24 aanhaal, slegs onder die volgende voorwaardes: só 'n aanhaling moet binne aanhalingstekens geplaas word; die skrywer moet erken word;  en 'n hiperskakel na die aangehaalde inhoud moet as 'n voetnota tot só 'n aanhaling geplaas word.
2.9    Geen persoon mag op enige manier die Nuus24 webtuiste binne 'n ander webwerf raam sonder Nuus24 se voorafgaande geskrewe toestemming nie.
2.10    Buiten bona-fide soekenjinoperateurs en die gebruik van die soekfassiliteite wat op die Nuus24 webtuiste vir gebruikers aangebied word, mag geen persoon enige tegnologie of aanwendings (insluitende webkruipers of webspinnekoppe) gebruik of probeer om te gebruik, om inhoud van die Nuus24 webtuiste vir enige doeleindes te deursoek of kopiëer, sonder die voorafgaande geskrewe toestemming van Nuus24 nie.
2.11    Alle lisensies en/of toestemmings wat toegestaan word in terme van hierdie klousule 2 word aangebied op 'n nie-eksklusiewe en nie-oordraagbare basis en mag ter enige tyd deur Nuus24 getermineer of gekanselleer word, sonder om redes daarvoor te bied.
 
 
3.    INTELLEKTUELE EIENDOMSREG EN DOMEINNAAM GEBRUIK
3.1    Alle intellektuele eiendom op die Nuus24 webtuiste, insluitende maar nie beperk tot die: inhoud, ontwerpselemente, sagteware, databasisse, teks, grafika, ikone en hiperskakels, is die eiendom van of gelisensiëer aan Nuus24, en as sulks word dit teen skending beskerm deur plaaslike en internasionale wetgewing en ooreenkomste. 
Onderworpe aan die regte wat in klousule 2 gelisensiëer is, word alle ander regte op intellektuele eiendom op die Nuus24 webtuiste absoluut voorbehou.
3.2    "Nuus24" is 'n geregistreerde handelsmerk en gebruikers onderneem om nie die Nuus24 handelsmerk of die "24" handelsmerk as 'n element van 'n domeinnaam of subdomeinnaam te gebruik nie, ondanks die feit dat só 'n domeinnaam gebruik mag word of die registrasie daarvan toegelaat mag word, in terme van handelsmerk an/of konstitusionele wette. 
Indien ‘n gebruiker gevra word om dit te doen, sal hy/sy onmiddelik die gebruik van sulke domeinname staak en dit oordra aan Media24 Bpk, op die gebruiker se onkoste.
 
 
4.    SAGTEWARE EN TOERUSTING
Dit is die gebruiker se verantwoordelikheid om aan te skaf en te onderhou, op sy/haar eie onkoste, die rekenaar hardeware, sagteware, lyne en rekeninge nodig om toegang te verkry tot die Internet en die Nuus24 webtuiste.
 
 
5.     VERKLARINGS VEREIS DEUR AFDELING 43 VAN DIE EKT WET
     Toegang tot die dienste en inhoud beskikbaar op die Nuus24 webtuiste word geklassifiseer as "elektroniese transaksies" in terme van die EKT Wet, dus het gebruikers die regte gedetailleerd in Hoofstuk 7 van die Wet, en Nuus24 is verplig om die volgende inligting te verklaar:
     5.1    Die volle naam en wetlike status van die webtuiste eienaar: Nuus24, 'n afdeling van Media24 Bpk, Reg. No. 1950/038385/06;
     5.2    Straatadres: Nasperssentrum, Heerengracht 40, Kaapstad, 8000;
     5.3    Posadres: Posbus 2271, Kaapstad, 8000;
     5.4    Fisiese adres vir ontvangs van wetlike dienste: Nuus24, 14de vloer, Nasperssentrum, Heerengracht, Kaapstad, 8000;
     5.5    Kernbesigheid: Nuus24 en Media24 Bpk se kernbesigheid is die voorsiening van nuusinhoud, opvoedkundige inhoud en vermaaklikheidsinhoud;
     5.6    Die adresse van die Nuus24 webtuiste is: www.nuus24.com en www.nuus24.co.za;

     5.7     Lidmaatskap van self-regulerende of akkreditasie entiteite: Nuus24 is 'n lid van die "Online Publishers Association (OPA)" en hou by die standaarde soos uiteengesit deur die Advertensie Standaarde Owerheid (ASO);
     5.8    Nuus24 se gedragskodes: Nuus24 se redaksionele beleid stem ooreen met die praktyke soos uiteengesit in die Republiek van Suid-Afrika se Grondwet.
     5.9    Die handleiding van die eienaar van die Nuus24 webtuiste wat volgens afdeling 51 van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Wet 2 van 2000) voorberei is, kan afgelaai word by: http://www.naspers.com/pdfs/access_eng.pdf;

     5.10    Bestuur: Die identiteite en kontakbesonderhede van die Nuus24 bestuurspan is beskikbaar by http://www.nuus24.com;

     5.11    Media24 Bpk se bestuursinligting is beskikbaar by: http://www.media24.co.za/;

     5.12    Koste: Toegang tot die Nuus24 webtuiste se inhoud is gratis vir enige persoon wat hou by hierdie bepalings en voorwaardes. Toegang tot sommige bladsye op die Nuus24 webtuiste mag beperk word tot persone wat geregistreer het deur die "Ek wil inteken" funksie en/of persone wat intekenare is van Beeld, Die Burger of Volksblad. Nieteenstaande die voorafgaande mag Nuus24 in die toekoms fooie aan toegang tot die Nuus24 webtuiste heg;
     5.13    Alternatiewe geskil resolusie: Onderhewig aan dringende en/of tussentydse verligting, alle geskille rakende:
          5.13.1    Toegang tot die Nuus24 webtuiste;
          5.13.2    Probleme om toegang tot die Nuus24 webtuiste te kry;
          5.13.3    Die dienste en inhoud beskikbaar op die Nuus24 webtuiste; of
          5.13.4    Hierdie bepalings en voorwaardes,
      
sal verwys word na arbitrasie in terme van die versnelde prosesse van die Arbitrasie Stigting van Suid-Afrika, en sulke arbitrasie verrigtinge sal in Kaapstad, in Engels geskied. Die arbitrasie uitspraak sal finaal wees en die onsuksesvolle party sal die koste van die suksesvolle party betaal op 'n skaal soos díe tussen prokureur en eie kliënt. Die reëls van die Arbitrasie Stigting van Suid-Afrika mag afgelaai word by die volgende webtuiste: http://www.arbitration.co.za;

     5.14    Afkoelperiode: So ver as prakties moontlik het gebruikers die reg om dienste wat deur die Nuus24 webtuiste aangebied word binne 7 (sewe) dae terug te gee indien sulke goedere of dienste nie gelys word in afdeling 42 van die EKT Wet nie; en
     5.15    Gebruikers mag klagtes rakende die Nuus24 webtuiste indien by Nuus24, Media24 Bpk, die Advertensie Standaarde Owerheid of die "Consumer Affairs Committee".
 
 
6.    VERANDERINGE EN BYVOEGINGS
     Nuus24 behou die uitdruklike reg, teen sy enkele and absolute diskresie, om enige van die volgende te doen, ter enige tyd, sonder voorafgaande kennisgewing:
     6.1    Hierdie bepalings en voorwaardes te verander;
     6.2    Die inhoud en/of dienste beskikbaar op die Nuus24 webtuiste te verander;
     6.3     Enige aspek van die Nuus24 webtuiste of diens(te) beskikbaar op die Nuus24 webtuiste te kanselleer en/of
     6.4    Die sagteware en hardeware te verander wat vereis word vir toegang tot en gebruik van die Nuus24 webtuiste;
 
 
7.    PRIVAATHEID
     7.1    Nuus24 sal alle verantwoordelike stappe neem om gebruikers se persoonlike inligting te beskerm. Vir die doel van hierdie klousule, sal "persoonlike inligting" gedefiniëer word soos uiteengesit in die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Wet 2 van 2000) (WBTI). Die WBTI kan afgelaai word by http://www.polity.org.za/html/govdocs/legislation/2000/act2.pdf

     7.2    Nuus24 mag die volgende persoonlike inligting van gebruikers elektronies versamel, berg en gebruik:
          7.2.1    Naam en van;
          7.2.2    Geboortedatum;
          7.2.3    Geslag;
          7.2.4    Residensiële land
          7.2.5    Naaste stad;
          7.2.6    Nie-persoonlike kliekgewoontes en kliekpatrone;
          7.2.7    E-pos adres; en
          7.2.8    IP adres.
     7.3     Nuus24 versamel, berg en gebruik die bogenoemde inligting vir die volgende doeleindes:
          7.3.1    Om die gebruiker te groet wanneer hy/sy die Nuus24 webtuiste besoek;
          7.3.2    Onderhewig aan die gebruiker se toestemming, om die gebruiker van feite verbonde aan sy/haar toegang tot en gebruik van die Nuus24 webtuiste in te lig;
          7.3.3    Onderhewig aan die gebruiker se toestemming, om die gebruiker in te lig oor kompetisies en spesiale aanbiedinge van Nuus24 en/of sy verwante partye (affiliates);
          7.3.4    Om vir die Gebruiker geteikende bemarking te bied wanneer hy/sy die Nuus24 webtuiste of die webtuiste van Nuus24 se verwante vennote besoek;
          7.3.5    Om nie-personlike statistiese inligting aangaande leesgewoontes, kliekpatrone en toegang tot die Nuus24 webtuiste saam te stel.
     7.4    Die inligting hierbo uiteengesit word elektronies versamel deur die gebruik van koekies of word vrywillig deur die gebruiker gegee. Gebruikers mag koekiegebruik onafhanklik vasstel deur hul blaaierstellings.
     7.5    Die gebruiker mag kies om geen kommunikasie van Nuus24 en/of sy verwante partye te kry nie.
     7.6    Nuus24 mag enige inligting van die gebruiker versamel, onderhou, spaar, saamstel, deel, openbaar maak en verkoop, onderhewig aan die volgende voorwaardes:
          7.6.1    Nuus24 sal nie gebruikers se persoonlike inligting openbaar maak sonder die gebruiker se toestemming nie;
          7.6.2    Nuus24 sal slegs volgens wetlike vereistes sonder die gebruiker se toestemming inligting openbaar maak; en
          7.6.3    Nuus24 mag enige inligting wat nie verwant is aan een spesifieke individu nie saamstel, gebruik en deel.
     7.7    Nuus24 besit en behou alle regte tot nie-persoonlike statistiese inligting wat deur Nuus24 versamel en saamgestel word.
 
 
8.    HIPERSKAKELS NA DERDEPARTY WEBTUISTES
     Nuus24 mag hiperskakels na webtuistes bied wat nie deur Nuus24 of Media24 Bpk (teiken webtuistes) beheer word nie, en sulke skakels impliseer nie enige goedkeuring of ondersteuning of aanbeveling van die inhoud op sulke teiken webtuistes nie. Nuus24 het nie redaksionele beheer oor die inhoud op sulke teiken webtuistes nie, en sal nie op enige moontlike manier aanspreeklik gehou word vir die toegang tot, of probleme met vekryging tot toegang tot beskikbare inhoud op sulke teiken webtuistes nie.
 
 
9.    SEKURITEIT
     9.1    Nuus24 sal alle redelike stappe neem om die inhoud van die Nuus24 webtuiste asook die inligting wat oor gebruikers versamel is en deur hulle aangebied word, teen ongemagtigde toegang en/of blootlegging te beveilig. Maar Nuus24 verskaf geen waarborg of impliseer geensins dat die inhoud 100% veilig en betroubaar sal wees nie.
     9.2    Nuus24 is onder geen wettige verpligting om inhoud of kommunikasies vanaf en na die Nuus24 webtuiste te beveilig deur enkriptering toe te pas nie, en is ook onder geen wetttige verpligting om digitale verifikasie van enige blad op die Nuus24 webtuiste te bied nie.
     9.3    Gebruikers mag nie, hetsy doelbewus of uit nalatigheid, enige skadelike kode, soos rekenaarvirusse, op die Nuus24 webtuiste of die bediener en rekenaarnetwerk wat die Nuus24 webtuiste ondersteun, plaas nie. Buiten kriminele vervolging, sal enige persoon wat enige skadelike kode op die Nuus24 webtuiste plaas, hetsy doelbewus of uit nalatigheid, sonder uitsluitsel vir Nuus24 vrywaar en kwytskeld van enige en alle aanspreeklikheid, skade en verliese, wat Nuus24 en sy geafilliëerde partye mag ly as gevolg van sulke skadelike kode.
     9.4    Enige gebruiker wat enige van die misdrywe uiteengesit in afdelings 85 tot 88 van die EKT Wet uitvoer sal, ondanks kriminele agtervolging, aanspreeklik gehou word vir die nagevolglike aanspreeklikheid, verlies of skades gely en/of opgedoen deur Nuus24 en sy geaffiliëerde partye. Die EKT Wet kan afgelaai word by: http://www.polity.org.za/pdf/RegOfInterOfCommAct70.pdf

 
 
10.    AFSTANDDOENING EN BEPERKINGS VAN AANSPREEKLIKHEID
.    10.1     Onderhewig aan die stipulasies in afdelings 43(5) en 43(6) van die EKT Wet, indien van toepassing en so ver as wat wetlik toegelaat word, sal Nuus24 (insluitende sy eienaars, werknemers, verskaffers, netwerk tegnici, agente en geaffiliëerde partye) nie aanspreeklik gehou word vir enige skade, verlies of aanspreeklikheid van hoegenaamd enige aard, gely deur enigeen en as 'n gevolg van:
          10.1.1    Toegang tot die Nuus24 webtuiste;
          10.1.2    Toegang tot webtuistes wat geskakel is met die Nuus24 webtuiste;
          10.1.3    Probleme om toegang tot die Nuus24 webtuiste te kry;
          10.1.4    Probleme om toegang te verkry tot webtuistes wat geskakel is met die Nuus24 webtuiste;
          10.1.5    Inhoud beskikbaar op die Nuus24 webtuiste;
          10.1.6    Dienste beskikbaar op die Nuus24 webtuiste;
          10.1.7    Enige ander rede wat nie direk verband hou met Nuus24 se verregaande nalatigheid nie.
     10.2    Die Nuus24 webtuiste word op 'n "voetstootse" basis aangebied en is nie saamgestel om aan die gebruiker se inidividuele vereistes te voldoen nie. Dit is die gebruiker se verantwoordelikheid om hom- of haarself tevrede te stel, voordat daar in hierdie ooreenkoms met Nuus24 ingetree word, dat die inhoud en dienste beskikbaar vanaf en deur die Nuus24 webtuiste aan die gebruiker se individuele vereistes voldoen en dat dit versoenbaar is met die gebruiker se rekenaar hardeware en/of sagteware.
     10.3    Inligting, idees en opinies wat op die Nuus24 webtuiste geplaas word mag nie as die professionele raad of amptelike opinie van Nuus24 beskou word nie, en gebruikers word aangeraai om professionele raad te soek voordat enige stappe geneem word wat verband hou met die inligting, idees of opinies wat op die Nuus24 webtuiste uitgedruk word.
     10.4    Hierdie webtuiste word primêr gemik op gebruikers in die Republiek van Suid-Afrika en dus sal Nuus24 nie, so ver soos die Suid-Afrikaanse wet dit toelaat, aanspreeklik wees vir naamskending, laster, skending van privaatheid of kopieregskending, in watter formaat ook al, buite die grense van die Republiek van Suid-Afrika nie.
     10.5    Die bron van Nuus24 se inhoud is verskeie derde partye, byvoorbeeld koerante, nuusagentskappe en vryskutjoernaliste, en Nuus24 oefen nie redaksionele beheer uit oor die inhoud gebied deur sulke partye nie. Nuus24 dien slegs as 'n elektroniese verspreidingsplatform vir sulke derde-party inhoud. Dus sal Nuus24 nie aanspreeklik gehou word, op enige moontlike manier, vir naamskending, skending van privaatheid, skending van persoonlikheid of kopieregskending wat betref die inhoud op die Nuus24 webtuiste wat nie deur Nuus24 of sy werknemers geskep is nie.
     10.6    Nuus24 gee geen waarborge of maak geen vertoë dat alle inhoud en dienste wat op die Nuus24 webtuiste beskikbaar is in alle gevalle waar, korrek en foutloos sal wees nie. Nuus24 sal alle redelike stappe neem om die kwaliteit en akkuraatheid van die inhoud op Nuus24 te verseker.
     10.7    Nuus24 gee geen waarborge en maak geen vertoë dat die Nuus24 webtuiste te alle tye beskikbaar sal wees nie. Gebruikers erken dat die Nuus24 webtuiste nie beskikbaar mag wees nie as gevolg van bywerking of ander redes buite die redelike beheer van  Nuus24, insluitende maar nie beperk tot virusinfeksie, kragonderbreking of ander natuurkragte of rampe.
 
 
11.    VERWYDERING EN KORRIGERING VAN INHOUD
     Gebruikers word aangemoedig om onwaar, onakkurate, lasterlike, onwettige, skending- en/of enige ander skadelike inhoud wat op die Nuus24 webtuiste beskikbaar is aan Nuus24 te rapporteer, en Nuus24 onderneem om sulke inhoud of enige deel daarvan reg te maak en/of te verwyder, indien die persoon wat sulke inhoud rapporteer, redelike gronde bied om die vermeende aard van die inhoud te bewys.
 
 
12.    BYDRAES
     Hierdie Bepalings en Voorwaardes vir Gebruik is die ooreenkoms tussen NUUS24™ en jou, die gebruiker van hierdie webtuiste, in geheel. Enige nalating van NUUS24™ om enige reg of toelating in hierdie Bepalings en Voorwaardes vir Gebruik uit te oefen of af te dwing, sal onder geen omstandighede dien as kwytskelding van só 'n reg of voorsiening nie.
     12.1    Gebruikers mag hul persoonlike opinies, boodskappe en idees bydra tot die Nuus24 webtuiste en gespreksforums beskikbaar op die Nuus24 webtuiste.
     12.2    Gebruikers onderneem om nie inhoud tot die Nuus24 webtuiste by te dra wat onwettig, lasterlik, inbreuk maak, teisterlik of obseen is, kommersiële of persoonlike bemarking insluit, godslasterlik, onwaar, onakkuraat of skadelik is nie, en Nuus24 behou die reg om sulke inhoud te verwyder in terme van klousule 11 hierbo.
     12.3    Nuus24 filter of oefen nie redaksionele beheer uit oor gebruikers se bydraes nie en sal nie aanspreeklik gehou word, op enige moontlike manier, vir gebruikers se bydraes nie.
     12.4    Die gebruiker vrywaar en hou Nuus24 nie aanspreeklik ten opsigte van enige aanspreeklikheid, eis, skade of verlies wat 'n gevolg mag wees van die gebruiker se bydrae(s) op die Nuus24 webtuiste.
 
 
13    ONDERSKEPPING VAN KOMMUNIKASIE
     13.1    Onderhewig aan die voorsienings van die Regulasie van Onderskepping van Kommunikasie (RIK) Wet 70 van 2002, stem die gebruiker in tot Nuus24 se reg om alle kommunikasies wat deur die gebruiker na die Nuus24 webtuiste, sy personeel of sy werknemers gestuur of bygedra is, te onderskep, stop, filter, lees, uitvee, bloot te lê en te gebruik. Die RIK Wet kan afgelaai word by:
http://www.polity.org.za/pdf/RegOfInterOfCommAct70.pdf

     13.2    Onderhewig aan die voorsienings van die EKT Wet, stem die gebruiker in en erken dat die toestemming wat die gebruiker in klousule 31.1 voorsien, voldoen aan die "geskrewe" vereiste.
 
 
14.    ALGEHELE OOREENKOMS EN SKEIBAARHEID
     14.1    Hierdie Bepalings en Voorwaardes vir Gebruik is die ooreenkoms tussen Nuus24 en die gebruiker in geheel, en dit sal voorkeur geniet bó enige afstanddoening en/of wetlike kennisgewings wat aan enige kommuniksie of bydraes geheg is wat deur Nuus24 van die gebruiker af ontvang word.
     14.2    Sou Nuus24 versuim om enige reg of voorsiening uit te oefen of af te dwing, sal dit onder geen omstandighede dien as ‘n kwytskelding van só ‘n reg of voorsiening nie.
     14.3    Indien enige bepaling of voorwaarde soos hierin uiteengesit as onafdwingbaar of ongeldig bevind word, sal daardie bepaling(s) of voorwaarde(s) skeibaar wees van die res van hierdie bepalings en voorwaardes. The bepalings en voorwaardes wat oorbly bly steeds afdwingbaar en toepaslik.
 
 
15.    OOREENKOMS IN TERME VAN AFDELING 21 VAN DIE EKT WET
     Die gebruiker en Nuus24 stem saam dat:
     15.1    Die gebruiker verbonde sal wees aan hierdie bepalings en voorwaardes, en hierdie ooreenkoms gesluit word in Kaapstad op die tydstip wanneer die gebruiker vir die eerste keer die Nuus24 webtuiste oopmaak of onmiddellik nadat die gebruiker toestemming gegee het soos vereis tydens die “Teken my in” proses;
     15.2    Databoodskappe (soos gedefiniëer in die EKT Wet) vanaf die gebruiker geadresseer aan Nuus24 sal slegs as ontvang deur Nuus24 beskou word as Nuus24 daarop reageer;
     15.3    Databoodskappe (soos gedefiniëer in die EKT Wet) geaddresseer aan die gebruiker vanaf Nuus24 sal as ontvang deur die gebruiker beskou word, soos uiteengesit in afdeling 23(b) van die EKT Wet;
     15.4    Databoodskappe (soos gedefiniëer in die EKT Wet) vanaf die gebruiker geaddresseer aan Nuus24 sal beskou word as geskep en gestuur deur die gebruiker van binne die geografiese grense van Suid-Afrika af;
     15.5    Elektroniese handtekeninge, enkripsie en/of verifikasie word nie vereis vir geldige elektroniese kommunikasie tussen die gebruiker en Nuus24 nie; en
     15.6    Die gebruiker stem in en waarborg dat die databoodskappe wat na Nuus 24 gestuur word vanaf ‘n rekenaar, IP adres of mobiele toestel, wat deur die gebruiker gebruik of besit word, persoonlik gestuur en/of goedgekeur is deur die gebruiker.
 
 
16.    TOEPASLIKE EN HEERSENDE WETTE
     Die Nuus24 webtuiste word bedien, beheer en bedryf vanuit die Republiek van Suid-Afrika en as sulks is onderhewig aan Suid-Afrikaanse wetgewing, toegepas deur die Suid-Afrikaanse howe, en bepaal die gebruik of probleme met die gebruik van die Nuus24 webtuiste, sy inhoud, dienste en hierdie bepalings en voorwaardes.
 
 
17.    REGSKOSTES
     Nuus24 sal nie aanspreeklik gehou word vir kostes deur die gebruiker aangegaan om professionele raad te ontvang in verband met hierdie bepalings en voorwaardes nie.
 
© 24.com. Hierdie bepalings en voorwaardes mag nie gebruik of herproduseer word sonder die voorafgaande toestemming van Media24 Bpk


binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Roodepoort - 19:59 PM
    Road name: Ontdekkers Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Ruhama Drive
  • Friday Randburg - 19:58 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Boundary Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Treasury Accountant

East Rand
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Regulatory Reporting Consultant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.