Bouwerk aan Julius Malema se luukse huis in die rykmansbuurt Sandton is weer voortgesit nadat dit tydelik gestaak is, het Sunday Times berig.
Slegs 20% van ‘n groep metropolitaanse volwassenes ondersteun wat Julius Malema doen en sê, het ‘n onlangse opname getoon.
Luitenant-generaal Richard Mdluli moet uit die polisiediens verwyder word, het die geskorste president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, gesê.
Die geskorste president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, se familietrust skuld die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) R15 miljoen.
Die ANCYL se nasionale uitvoerende komitee het die naweek besluit om die ANC se skorsing van drie van die liga se leiers, te verwerp.
Die geskorste leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, het gesê die ANC het hom vir die party se eie doeleindes gebruik en hom toe weggegooi.
Die oop spasie langs die titel van “president” op die ANC-jeugliga (ANCYL) se webtuiste, is weer met Julius Malema se naam vervang.
Die ANC-jeugliga sal nie sy geskorste leier, Julius Malema, vervang nie, en aanvaar steeds nie sy skorsing nie, het Sunday Times berig.
Vuurwerke is afgeskiet in die geskorste president van die ANC-Jeugliga se tuisdorp, deur mense wat bly is dat hy permanent geskors is.
Die tugproses teen die leierskap van die ANC-jeugliga was ‘n afleiding van die regerende party se kernsake, het die ANC gesê.
Die anti-Julius Malema-groep in sy tuisdorp Seshego, Limpopo, het die nuus van die ANC-jeugleier se skorsing verwelkom.
Die leier van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, het dokumente ingedien in ‘n saak van laster wat Helen Zille teen hom aanhangig gemaak het.
Die tyd raak min vir Julius Malema en sy medebeskuldigdes om in die hof te reageer op die lastereis wat Helen Zille teen hulle ingedien het.
Julius Malema is benoem tot die presidium van die Internasionale Unie van Sosialistiese Jeug, maar is "te besig" om daarop te dien.
Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, het 'n belastingrekening van meer as R10 miljoen, berig City Press.
Julius Malema, geskorste president van die ANC-jeugliga, het gesê niemand kan hom keer om jeugliga-lede by sy huis toe te spreek nie.
'n Modereeks wat deur die gewildheid van Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, geïnspireer is, vlieg van die rakke af.
Julius Malema, geskorste leier van die ANCYL, se tuinwerker beweer hy is die afgelope twee maande nie betaal nie, lui ‘n koerantberig.
Gerugte dat daar ‘n skeuring in die ANC-Jeugliga is, is ‘n “verdraaiing”, het die liga se adjunkpresident, Ronald Lamola, Dinsdag gesê.
Die ANCYL sal 'n spesiale vergadering van sy Nasionale Algemene Raad belê om die uitdagings te bespreek wat Julius Malema in die gesig staar.
Bouwerk aan Julius Malema se nuwe spoghuis in Sandton is ‘n week gelede gestaak omdat hy agterstallig is met betaling, lui ‘n berig.
Gerugte doen die ronde dat Julius Malema se regsverteenwoordigers nie vir sy appèlverhoor by Luthuli-huis gaan opdaag nie.
Die SABC-nuushoof is op spesiale verlof geplaas omdat hy opdragte oor die vermindering van dekking van Julius Malema verontagsaam het.
Boodskappe van ondersteuning stroom in van so ver as Uganda en Jamaika op 'n Facebook-blad vir die geskorste jeugligaleier Julius Malema.
Julius Malema hoop om Helen Zille se hooggeregshof-eis teen hom en twee ander lede deur middel van ’n “moederlike” gesprek op te los.
Julius Malema se prokureurs het sy jongste skorsing uit die regende party vergelyk met 'n verbanning onder die apartheidsregime.
Die ANC sal die jeugliga se geldkraantjie toedraai en sy strukture ontbind as hy aanhou om die skorsing van Julius Malema uit die party te minag.
Die geskorste leier van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, het die gemeente by ‘n Goeie Vrydag-diens in Butterworth in die Oos-Kaap toegespreek.
Julius Malema, kan die bepalings van sy skorsing oortree indien hy 'n ANC-byeenkoms in die Oos-Kaap, soos reeds aangedui is, gaan bywoon.
Die beleërde leier van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, sal hierdie naweek “die grense toets” met ‘n besoek aan ‘n kerk in die Oos-Kaap.
Die onmiddellike skorsing van die president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, is ‘n strategiese skuif, meen 'n politieke ontleder.
Die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, is summier uit die ANC geskors oor uitlatings wat hy oor pres. Jacob Zuma gemaak het.
ANC-leiers, insluitende President Jacob Zuma, het lede van die party gewaarsku teen ‘n gekibbel en die negatiewe werwing van stemme.
Die jong, wit man wat deur Julius Malema as sy protégé voorgehou is, is net nog ’n bykomstigheid waarmee Malema sy beeld probeer poets.
Indien Julius Malema aanhou om ANC-leiers te beledig, sal hy 'n punt bereik waar daar geen omdraaikans is nie, het die ANC gesê.
Die beleërde president van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, het gesê hy sal hom tot die hof wend as hy uit die party geskors word.
Die net span vinnig stywer om Julius Malema met die owerhede wat gereed maak om op sy sakevennote in Limpopo toe te slaan.
In ’n toespraak waarin pres. Jacob Zuma indirek gekritiseer is, het Julius Malema ’n skare van 5 000 mense op hul voete gehad.
Julius Malema, leier van die ANC-Jeugliga, het “magsdronk” ANC-leiers wat weggedryf het van die massas af gekritiseer.
Julius Malema het 'n beroep op die ANC gedoen om die grondkwessie op te los deur grond aan swart mense oor te dra.
President Jacob Zuma het die integriteit van die ANC se tugproses in twyfel getrek, het die party se jeugliga gesê.
Die ANC-jeugliga eis ’n verskoning van die MK-veteranevereniging oor uitlatings oor sy geskorste leier, Julius Malema.
Julius Malema, leier van die ANC-Jeugliga, het by die ANC se nasionale dissiplinêre appèlkomitee (NDAK) appèl aangeteken.
Die geskorste leier van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, het ANC-leiers op SABC se Asikhulume-kletsprogram om verskoning gevra.
Die ANC moet na die massas luister, het Julius Malema, omstrede leier van die ANCYL, aan stakers wat teen die e-tolstelsel betoog, gesê.
Die ANC-Jeugliga sal deelneem aan die landwye staking wat deur die vakverbond Cosatu gelei word, het Zwelinzima Vavi gesê.
Pule Mabe, tesourier-generaal van die ANC se jeugliga, ontken bewerings dat hy die leisels by Julius Malema wil oorneem.
Die ANC-Jeugliga word gesien as ‘n bedreiging en mense wil dit platdruk, het die liga se president, Julius Malema, in 'n onderhoud gesê.
Julius Malema sal aanbly in sy posisie as leier van die ANC se jeugliga – selfs al is hy uit die ANC geskors, het die ANCYL gesê.
Streng sekuriteit word steeds buite Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, se huis in Seshego naby Polokwane gehandhaaf.
Julius Malema se bakkies is op ‘n sokkeraanhanger van Port Elizabeth se boud getatoeëer nadat Bayern Munich hom in die steek gelaat het.
Die geskorste president van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, het by 'n mediakonferensie gesê hy wil ‘n leier in die ANC wees.
Julius Malema sal nooit sy eie politieke party stig nie, ten spyte daarvan dat hy uit die ANC geskop is, het hy op 'n mediakonferensie gesê.
Julius Malema, het die gemeenskap van Mangabane aangemoedig om te veg vir aandele in die platinummyn in die Sekhukhune-gebied.
Julius Malema is toegang tot die Thembu-koning, Buyelekhaya Dalindyebo, se paleis in Bumbane in die Oos-Kaap, geweier.
Die ANC se jeugliga (ANCYL) sal die naweek ‘n nasionale uitvoerende komitee (NUK) hou om oor die liga se toekoms te besluit.
Julius Malema, geskorste leier van die ANC se jeugliga, se naam is van die organisasie se webtuiste verwyder, het ‘n koerant berig.
Bondgenote van die geskorste ANC-jeugligaleier Julius Malema kan dalk uit die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap se direksie geskop word.
Die ANC se jeugliga (ANCYL) in Limpopo en die Oos-Kaap het hul ondersteuning vir hul geskorste leier, Julius Malema, getoon.
Die geskorste leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, het ‘n stemposboodskap op sy selfoon gelaat wat sê hy sal nooit oorgee nie.
Die ANC se nasionale appèltugkomitee (NATK) het Dinsdagaand Julius Malema se skorsing uit die party bevestig.
Mediaberigte het daarop gedui dat die president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, finaal uit die regerende party geskors kan word.
'n Ondersoek duur voort ná ‘n inbraak by die huis van Muzi Sikhakhane, Julius Malema se regsverteenwoordiger.
Die ANC in Limpopo het gesê die liggaam distansieer hom van “afvalliges” wat ‘n parallel-verkiesingskonferensie gehou het.
Julius Malema, geskorste president van die ANC-jeugliga, het 'n uitdaging gestel aan diegene in die regerende party wat hom teenstaan.
Twee aparte konferensies word dié naweek deur faksies van die ANC-jeugliga in Polokwane gehou weens twis onder lede van dié organisasie.
‘n Man wat beweer hy werk in Julius Malema, geskorste leier van die ANCYL, se tuin, sê sy baas het hom uiteindelik betaal.
Vandag is die sperdatum vir Julius Malema om geskrewe betoë in te dien in sy appèl teen sy skorsing uit die regerende party.
Julius Malema se appèl teen sy tydelike skorsing het misluk, het die Nasionale Tugkomitee (NTK) pas bekendgemaak.
Julius Malema sal aanhou om sy pligte as president van die ANC-Jeugliga (ANCYL) uit te voer, ondanks sy skorsing uit die ANC.
Die appèlverhoor van drie leiers van die ANC-Jeugliga is uitgestel, het die voorsitter van die ANC se Nasionale Dissiplinêre Appèlkomitee gesê.
Julius Malema, geskorste leier van die ANC se jeugliga, se appèlverhoor word na verwagting vandag by Luthuli-huis aangehoor.
‘n Citizen-koerantartikel oor Julius Malema wat inhegtenisneming ontduik het, was gefabriseer, het die Persombudsman beslis.
’n Groep wat homself Friends of Julius Malema noem, gaan op 16 April ’n veldtog begin om onder meer geld vir hom in te samel.
Helen Zille gaan glo hofstukke by die Wes-Kaapse hooggeregshof indien in 'n lasterlike regsgeding teen drie leiers van die ANCYL.
As die 17-jarige Jonathan Ovadia trots daarop is dat hy deur sy mentor, Julius Malema, op ’n verhoog geparadeer is, wys hy dit nie.
Julius Malema het die ANC verder getart met openbare stellings terwyl sy skorsing dit duidelik stel dat hy dit nie mag doen nie.
Julius Malema, het by 'n kerk in die Oos-Kaap aangekom vir 'n gedenkdiens vir Solomon Mahlangu, 'n MK-lid wat in 1979 tereggestel is.
Daar was nog nooit ‘n plan om die ANC-Jeugliga te ontbind nie, het 'n woordvoerder van die regerende party gesê.
As die president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, wil hê sy skorsing moet opgehef word, sal hy die ANC se appèlkomitee moet nader.
Kwessies wat gedebatteer word beteken nie die ANC se leierskap is verdeel nie, het die party se tesourier generaal Mathews Phosa gesê.
Die appèlverhoor van die beleërde president van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, sal volgende week gehou word, het die ANC gesê.
Julius Malema, die president van die ANC-jeugliga, moet tydelik uit die ANC geskors word, het die MK Militêre Veterane (MKMVA) gesê.
Zweli Mkhize, voorsitter van die ANC in KwaZulu-Natal, het ‘n snydende aanval geloods op onregeerbare jeugdiges in die party.
Mathews Phosa, die ANC se tesourier-generaal, het tjoepstil op die verhoog gesit terwyl Julius Malema vir pres. Jacob Zuma aangeval het.
Adj.pres. Kgalema Motlanthe, Julius Malema, die geskorste leier van die ANC-Jeugliga, het by die ANC se eeufeesvieringe in Limpopo aangekom.
Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, het in Pretoria gesê hy sal sterf om die wit minderheid te verdedig.
Vertrouelinge van adj.pres. Kgalema Motlanthe het laat blyk hy sal wel beskikbaar wees om Jacob Zuma om die ANC-leierskap te kan uitdaag.
Burgeroorlog en moord. Dít is die tol wat die ANC-jeugliga van Suid-Afrika sal eis as iemand aan Julius Malema, sy geskorste leier, ráák.
Ondersteuners van Julius Malema het sowat 50 van sy teenstanders uit die saal gegooi waar hulle ure lank op hom gewag het.
Die ANC-jeugliga moet aanbeweeg en aanvaar dat hy ‘n nuwe president moet aanstel, het pres. Jacob Zuma by 'n sakeontbyt gesê.
Die ANC-Jeugliga is woedend oor ‘n opmerking dat sy geskorste leier, Julius Malema, voor ‘n vuurpeleton sou moes staan as tye anders was.
Dit is die laaste dag waarop Julius Malema kan appelleer teen die besluit van die ANC se nasionale dissiplinêre komitee om hom te skors.
Julius Malema, leier van die ANC-Jeugliga, sal nie enige politieke leier vir toestemming vra om te praat by saamtrekke van die Jeugliga nie.
Julius Malema, leier van die ANC se jeugliga, het by stakers wat teen arbeidsmakelaars en die e-tolstelsel betoog, in Johannesburg aangesluit.
Die navorsingsmaatskappy TNS het die uitslag bekendgemaak van 'n opname wat gedoen is oor die geskorste ANC-jeugliga-leier, Julius Malema.
Julius Malema, omstrede leier van die ANC se jeugliga, het bevestig dat hy van plan is om hard te baklei om in die ANC te oorleef.
Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, sal teen sy skorsing uit die regerende party appelleer, het sy adjunk, Ronald Lamola, gesê.
Die ANC-Jeugliga se nasionale uitvoerende komitee het vergader om Julius Malema se skorsing uit die party en 'n pad voerentoe te bespreek.
’n Immer veglustige Julius Malema het op sy 31ste verjaardag sy hoop op gewone ANC-lede gevestig om te keer dat hy uit die party geskop word.