VIDEO: Springbokke se Drienasies-oorwinning
2009-09-14 08:21
Die Springbokke het dié naweek die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton met ‘n telling van 29-32 gewen en so ook as die wenners van die Drienasies-reeks weggestap.
Dié oorwinning het die trofee vir Smit en die manne vir die eerste keer sedert 2004 verseker.
Jaque Fourie is egter vir vier weke geskors nadat hy 'n gevaarlike duikslag uitgevoer het tydens die wedstryd in Waikato.
Fourie het aangevoer dat dié gevaarlike duikslag nie met opset uitgevoer was nie, maar dat hy bloot nalatig was.
Hieronder is 'n video waarin 'n paar lede van die Springbokspan hul mening gee oor die wedstryd.
Jy kan ook saam praat oor die oorwinning en Jaque Fourie se duikslag in die kommentaar-afdeling.