Taliban-leier se broer sterf
2010-02-20 02:39
Islamabad – Siraj Haqqani, ‘n senior Taliban-bevelvoerder, se broer het gesterf in ‘n Amerikaanse missiel-aanval in die noordweste van Pakistan.
Twee beamptes het Vrydag gesê die oorledene en drie ander lede van die Taliban-groep het gesterf, toe ‘n missiel ‘n huis naby Afganistan se grens getref het.
Die beamptes het op voorwaarde van anonimiteit gepraat, omdat hulle nie met die media mag praat nie.
Volgens hulle was die aanval glo gemik op Haqqani wat vermoedelik nouliks met Al-Kaïda verbind word.
Dit is nog nie bekend of Haqqani in die voorval beseer is nie.
- AP