Video: Baghdatis verniel rakette
2012-01-19 15:20
Melbourne – Vier gebreekte rakette, R10 000 in boetes en 'n Youtube-video wat reeds meer as 200 000 keer gekyk is, is al wat Marcos Baghdatis nodig gehad het om die geskiedenisboeke van die Australiese Ope te haal.
Beeldmateriaal van die 26-jarige Ciprioot se woede uitbarsting toe hy in die tweede ronde teen Stanislas Wawrinka verloor het, is regoor die wêreld gewys, voordat dit Donderdag op Youtube verskyn het.
"Ek't dit nie gesien nie," het Novak Djokovic Donderdag gesê. "Ek het wel daarvan gehoor. Ek gaan nou dadelik op Youtube na die video kyk."
"Ek is nie verras dat hy 'n rakket gebreek het nie," het Maria Sharapova gesê. "Ek het self al hopeloos te veel rakette stukkend geslaan. Ek dink nie tydens 'n wedstryd nie, maar wel 'n paar tydens oefensessies."
Lees die volledige artikel hier.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Supersport