Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Ali word 70

2012-01-20 08:36
Tweets Share Share line Print

Alles verby. Sonny Liston word uitgetel in die eerste ronde van sy tweede geveg teen Muhammed Ali. Ali se bokslisensie is in 1967 ingetrek en hy was sy wêreldtitel kwyt omdat hy nie in die Amerikaanse weermag wou dien nie. Foto: AP

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou stories

EWERS in die laat jare sestig – 1968, raai ek – het my pa my na die dorp se stadsaal geneem om na ’n paar ou boks­rolprente te gaan kyk. Ek was nege jaar oud. Daar in die donkerte het die projektor begin kr-r-r-r-r, en skielik het die groot swaargewigte van die 20ste eeu in swart en wit voor my begin beweeg: Jack Johnson (een van die bestes tot nog toe), Jack Dempsey (kliphard), Joe Louis­ (ekonomies, dodelik), Rocky Marciano (slordig, rateltaai)...

En toe wys die projektor-oom die geveg wat my ’n lewenslange boksliefhebber sou maak: Muhammad Ali teen Cleve­land Williams.

Ek het reeds geweet van Ali. My ouer broer het vertel dat hy “baie vinnig en in die tronk” is, en ek het foto’s van hom gesien in Die Burger en Die Huisgenoot, maar hy was “staties”, nes Frik du Preez en Mannetjies Roux voor die koms van televisie.

En toe, hier voor my oë in die stadsaal, kom Ali uit sy hoek, klap sy handskoene teen mekaar en begin sirkel om Williams met grasie wat ek sedertdien nog nie weer gesien het nie, selfs nie op ’n verhoog nie.

Linksom, regsom dans hy, hande amper op die knieë. Nou die linkervoet voor, dan die regtervoet. Williams jaag hom. Ali buk, wieg, mik-mik, koes, systap. Williams slaan. Mis. Mis. Weer mis...

Die geveg duur net drie rondes. Ali slaan Williams vier keer plat, in moontlik die mees kliniese boksgeveg in swaargewig-geskiedenis. (Gaan kyk self. Tik net “Ali vs Williams” in op Google.)

Ek stap uit die stadsaal met ’n nuwe held.

’n Jaar of drie later kuier ek in die skoolvakansie by ’n maat, Marius Loots, op hul plaas buite Prieska. Een aand sit ons op die stoep en gesels oor boks, en uit die bloute sê sy ma, tannie Marie: “Ek het Ali ontmoet.” En sy vertel hoe sy hom oorsee teëgekom het.

Sy gaan haal ’n poskaart. Agterop is ’n vloeiende handtekening: Muhammad Ali. Net dit. On-ge-loof-lik, dink ek. Geskryf met dieselfde regterhand waarmee hy Cleveland Williams platgeslaan het.

Ek was skaars 13 jaar oud, maar daar het die aard van Ali se roem tot my deurgedring. Hy was só bekend dat selfs mense in die diep-Karoo – tot hier op Muiskraal se stoep – van hom geweet het en sy handtekening wou vra. (Niemand in Amerika sou byvoorbeeld Frik of Mannetjies s’n vra nie.)

Maar meer as dit: Ali was bereid om sy handtekening te gee as iemand van Prieska daarvoor sou vra.

Daar is basies drie hoofstukke in Ali se krytloopbaan: sy twee gevegte teen die gevreesde Sonny Liston, die drie teen Joe Frazier, en dan die “Rumble in the Jungle” in 1974 teen George Foreman.

Die belangrikste hoofstuk is moontlik die drie jaar tussen 1967 en 1970 toe Ali nié geboks het nie.

Hy is in 1966 vir militêre diens opgeroep, maar het geweier, met ’n stelling wat ’n politieke wekroep sou word: “I ain’t got no quarrel with no Viet Cong. No Viet Cong ever called me nigger.”

Sy bokslisensie word opgeskort en sy titel word afgevat, maar ten spyte hiervan raak Ali in dié tyd moontlik die bekendste gesig ter wêreld – nou as aktivis, eerder as bloot sportman met ’n gladde mond.

Hy reis internasionaal, spreek hom uit teen Amerika se oorlog in Viëtnam, praat op kampusse. Aan een groep studente sê hy: “If they can make penicillin out of moldy bread, then they can sure make something out of you.”

Toe hy in 1970 weer toegelaat is om te boks, was Ali se beste jare verby.

Joe Frazier klop hom oor 15 rondes. Ken Norton slaan sy kakebeen af en klop hom ook oor 15.

En daar is ’n skrikwekkende nuwe swaargewig op die toneel, George Foreman. Binne twee rondes slaan hy Joe Frazier ses keer met minagting plat. Norton word ook binne twee rondes verpletter. Dan, in Oktober 1974, kom Ali in Kinshasa aan die beurt...

Ek was destyds in st. 7 en het die aanloop tot die geveg in Die Burger en die Cape Argus dopgehou.

Niemand het Ali die geringste kans gegun nie. Foreman was eenvoudig te groot en sterk – onoorwonne in 40 gevegte, 37 van hulle met ’n uitklophou, gemiddeld binne drie rondes.

Die skrywer Norman Mailer beskryf in sy boek The Fight hoe Foreman se afrigtingspan voor die geveg in die kleedkamer gebid het – nie vir Foreman nie, maar dat die liewe Vader tog sal keer dat Ali ernstig beseer word.

Die geveg het vieruur die oggend plaasgevind sodat dit in spitstyd in Amerika uitgesaai kon word.

My pa het my die oggend in sy bruin kamerjas kom wakker maak. “Hy’t gewen,” het hy gesê en sy kop geskud. “Ali het hom so waar as wragtag uitgeslaan.”

Mailer beskryf Ali se laaste regter in die agtste ronde as “the blow Ali saved for a career”. En Foreman se val: “He went over like a six-foot sixty-year-old butler who has just heard terrible news.”

Sewe jaar nadat sy titel van hom afgevat is, was Muhammad Ali weer die ­wêreldkampioen.

Daarna het Ali nog 22 keer geveg, elkeen onnodig. In dié tyd het hy waarskynlik die skade opgedoen wat bygedra het tot die simptome van Parkinson-siekte wat in 1984 by hom gediagnoseer is.

Was Ali werklik “the greatest”? Hy is steeds die enigste swaargewig wat die wêreldtitel drie keer kon ver­ower – in ’n era van formidabele vegters. Maar doen tog moeite om daardie geveg teen Cleveland Williams te gaan kyk. “That night he was the most devastating fighter who ever lived,” het die kommentator Howard Cossell ná die tyd gesê.

Ali se bokslisensie is enkele maande hierna ingetrek. Tussen die ouderdomme van 25 en 29 is hy nie toegelaat om te veg nie. Ons het Ali nie op sy beste gesien nie.

Wat is sy nalatenskap?

Elk van sy teenstanders se loopbaan is gedefinieer bloot deur die feit dat hulle teen hom geboks het.

George Chuvalo staan vandag nog bekend as “die taaiste man in Kanada” omdat Ali hom in 1966 nie kon uitslaan nie. Joe Bugner is as die Australiër van die Jaar aangewys nadat hy in 1973 (ver) met punte teen Ali verloor het. Chuck “The Bayonne Bleeder” Wepner, wat in 1975 14 rondes teen Ali staande gebly het, was die inspirasie vir Sylvester Stallone se Rocky.

Ali het die bloudruk geskep van wat ’n sportheld kan vermag, op die veld en in die openbare lewe.

En hy het dit reggekry sonder beeldbouers en borge.

Hy was sy eie handelsmerk. The Great­est.

Verlede week het ek tannie Marie Loots gebel om te hoor of ek die storie oor die handtekening reg onthou.

Ja, sy was saam met Ali op ’n vlug tussen Londen en Dallas. Hy was vriendelik en geduldig.

’n Week later is ek terug op kantoor. Daar wag ’n klein bruin koevert vir my. Ek maak dit oop.

Binne is ’n poskaart met ’n prentjie van ’n kabelkarretjie iewers.

Ek draai dit om. Dit is al effens geel. Agterop is ’n netjiese handtekening. Muhammad Ali.

Bronne: Stephen Brunt: Facing Ali – 15 Fighters, 15 Stories VGavin Evans: Kings of the Ring – The History of Heavyweight Boxing (Weidenfeld & Nicolson)VNorman Mailer: The Fight (Penguin)VGilbert Odd: Boxing – The Great Champions V“What I’ve Learned” (Esquire, Januarie 2004)VAn Audience with Muhammad Ali (BBC)

Lees meer oor: muhammad ali  |  boks
VOLGENDE OP NUUS24X

Pres. Obama lewer staatsrede

2012-01-25 11:42

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Bedfordview - 07:58 AM
    Road name: N3 Northbound
    STATIONARY TRUCK at Gilloolys Interchange - delays from Van Buuren Road
  • Wednesday Paulshof - 07:47 AM
    Road name: Witkoppen Road Eastbound
    DELAYS between Fourways and Sunninghill
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.