Zuma in Aus vir Statebond se vergadering
2011-10-28 08:00
Johannesburg – Pres. Jacob Zuma het Donderdag in Perth, Australië, geland vir die staatshoofdeberaad van die Statebond.
“Die vergadering sal fokus op voedselsekuriteit, klimaatsverandering, die mynwese en ontwikkeling, die uitwissing van polio, volhoubare ontwikkeling en die versterking van die Statebond,” het Clayson Monyela, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, gesê.
Monyela het bygevoeg Zuma sal bilaterale gesprekke met ander Statebondlande hou oor sake van gemene belang.
Die vergadering, met die tema “Bou nasionale veerkragtigheid, bou globale veerkragtigheid”, sal van vandag tot Sondag duur.
Die minister van internasionale betrekkinge, Maite Nkoana-Mashabane, en die minister van minerale, Susan Shabangu, vergesel Zuma. – Sapa
Volg Nuus24 op Twitter
- Die Burger