Ysige weer in Serwië lei tot minder misdaad
2012-02-08 17:53
Belgrado – Die ysige weer wat die grootste deel van Europa in sy greep het, het daartoe gelei dat misdaadsyfers in Serwië met 40% gedaal het, het die land se minister van binnelandse sake gesê.
Ivica Dacic het Woensdag gesê die land het ook ‘n dag sonder enige motordiefstalle aangemeld, ‘n skaars verskynsel in die Balkanse land waar misdaad tydens die oorloë en internasionale sanksies van die 1990’s gefloreer het.
Die koue weer in Serwië het minstens 12 mense se lewens geëis, terwyl 70 000 deur die sneeu afgesny is.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AP