Ysbere se voedsel, habitat toenemend in gedrang

2009-07-21 11:04
Tweets Share Share line Print

Elise Tempelhoff

Antartika- Ysbere se kos raak al hoe minder en hul habitat krimp jaarliks.

So sê die World Resource Institute (WRI) in sy jongste jaarverslag, “Climate Science, Major New Discoveries”, wat pas uitgereik is.

Luidens die verslag is die kans baie goed dat die Noordpool binne enkele jare (moontlik minder as 30 jaar) tydens somermaande ysvry gaan wees.

Die verlies aan ys in die gebied tydens die somer in die Noordelike Halfrond sal “skrikwekkende gevolge” vir die ekostelsel en die res van die aarde en alle lewe daarop inhou. Dit beteken dat ysbere en alle ander lewe in die Arktiese gebied letterlik op baie dun ys loop.

Terwyl wetenskaplikes die smelt (in die somer) en opbou (in die winter) van dryfys in die Noordpool nagevors het, het ’n ander groep gekyk hoe ysbere beïnvloed word.

In die verslag “Fasting physiology of polar bears in relation to environmental change and breedings behaviour in the Beaufort Sea” skryf prof. Andrew Derocher van die Universiteit van Alberta se departement biologiese wetenskappe en sy medenavorsers hulle het 436 ysbere in April en Mei in 1985, 1986, 2005 en 2006 verdoof in ’n poging om hul eetpatrone te monitor.

In 1985 het 9,6% van die ysbere wat gevang is geen kos in hul mae gehad nie en in 2006 het die persentasie tot byna een uit elke drie (29,3%) gegroei.

Volgens Derocher klop hierdie bevindings met die huidige veranderings in die ekologie van die Noordpool.

Hy sê ysbere ervaar ernstige honger weens ’n tekort aan genoeg kos.

Robbevolkings het merkwaardig gedaal weens die verlies aan dryfys in die somer.

Robbe is ysbere se belangrikste voedselbron.

Die veranderinge in die Noordpool word direk toegeskryf aan klimaatsverandering en die feit dat die temperatuur van seewater besig is om te styg, sê die navorsers.

Kommerwekkend

# Tussen 1996 en 2006 het die tempo waarteen ys op Antarktika gesmelt het met 75% toegeneem.

# Verandering wat in 28 800 plant- en dierespesies en 829 klimaatstelsels op aarde aangetref is, laat wetenskaplikes besef klimaatsverandering het reeds “ ’n merkwaardige” invloed op natuurlike stelsels.

# Wetenskaplikes vra nou dat ’n “nuwe” kweekhuisgas, stikstoftrifluoried (NF3), wat gebruik word in rekenaars en selfone, ook op die Kioto-verdrag (en sy opvolger) se lys van gevaarlike kweekhuisgasse geplaas word. NF3 is 17 000 keer kragtiger as koolstofdioksied (CO2), die groot sondaar wat klimaatsverandering veroorsaak.

–Beeld

Lees meer oor: antartika  |  aardverhitting

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.