Winkeleienaar vas wat ivoor smokkel
2011-07-26 20:56
Philidelphia – Die eienaar van 'n kunswinkel in Philadelphia, Amerika, word daarvan beskuldig dat hy een ton ivoor van Afrika-olifante die land ingesmokkel het.
Victor Gordon (68) het homself in Brooklyn aan
die owerhede oorgegee en is op borgtog van $1 miljoen (R6.7 miljoen) vrygelaat.
Volgens die owerhede het Gordon sy ivoor van
Wes- en Sentraal- Afrika af gekry en deur New York ingesmokkel.
Nadat die ivoor gesny is, is dit gevlek om die
ivoorstukke oud te laat lyk.
Natuurbewaarders beskou die onwettige handel
van ivoor as ‘n bedreiging tot die Afrika-olifant-bevolking.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP