Wikileaks: Pakistan kernwapens kommer
2010-12-02 01:33
Kaapstad – Volgens Wikileaks was Amerikaanse en Britse diplomate bekommerd dat Pakistan se kernmateriaal in die verkeerde hande mag beland, berig die BBC.
Die dokumente waarsku ook dat Pakistan spoediglik besig is om ‘n kernwapenarsenaal op te bou, ten spyte van groeiende onstabiliteit in die land.
Dit is ook nie seker of Pakistan sy bande met militante kan verbreek nie.
‘n Woordvoerder vir Pakistan het egter gesê die vrese is “ongegrond” en kan selfs as minagtend beskou word.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.