WikiLeaks-stigter kry borgtog
2010-12-14 19:07
Londen – Die stigter van WikiLeaks, Julian Assange, wat op aanklagte van seksmisdade in Brittanje in hegtenis geneem is, is Dinsdag borgtog toegestaan.
Regter Howard Riddle het borgtog met voorwaardes toegestaan en die saak tot 11 Januarie uitgestel.
Assange sal egter nie onmiddellik vrygelaat word nie omdat die Sweedse staatsaanklaers teen die beslissing gaan appelleer.
Die 39-jarige Australiër wie se webwerf Amerika warm onder die kraag gelaat het nadat vertroulike diplomatieke dokumente daarop gepubliseer is.
Hy is deur twee Sweedse WikiLeaks-vrywilligers aangekla van seksuele wangedrag tydens sy verblyf in dié land.
Assange ontken die bewerings en beveg Swede se pogings om uitlewering.
Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters