'WikiLeaks-stigter is van sinne beroof'
2011-09-06 16:57
Nieu-Delhi – ‘n Top- Indiese politikus sê Julian Assange, stigter van WikiLeaks, moet in ‘n psigiatriese inrigting opgeneem word.
Die hoofminister van die Indiese staat Uttar Pradesh, wat net as Mayawati bekend staan, het dié uitlatings gemaak aangesien WikiLeaks ‘n dokument wat kritiek oor haar lewer, vrygestel is.
Die dokument, gedateer Oktober 2008, het Mayawati ‘n “virtuele paranoïese diktator” genoem.
Volgens die dokument het sy ‘n privaatstraler na Moembaai gestuur om haar nuwe sandale te gaan haal.
Mayawati het Dinsdag aan verslaggewers gesê dat Assange na ‘n inrigting gestuur moet word.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP