WikiLeaks hou geheime stil om geld in te samel
2011-10-24 14:39
Londen – Een van die bekendste en berugste openbaarders van geheime, WikiLeaks, sal vir eers ophou om sensitiewe inligting te verklap weens ‘n geldtekort.
WikiLeaks het Maandag in ‘n verklaring gesê hy sal sy publikasie staak en op fondsinsameling fokus.
'n Beperking wat die finansiële maatskappye Visa, MasterCard, Western Union en PayPal toepas, laat WikiLeaks met geen keuse nie, lui die verklaring.
“WikiLeaks moet aggressief fondse insamel om teen die beperking terug te baklei,” lui die verklaring.
Visa, Mastercard en ander maatskappye verhoed sedert 2010 betalings aan WikiLeaks.
Kyk hier regstreeks na beeldmateriaal van WikiLeaks se mediakonferensie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AP