Weste ontsteld oor predikant se doodstraf

2011-10-05 07:10
Tweets Share Share line Print

Den Haag – Die protes in die Weste teen die doodstraf wat ’n Iranse hof aan ’n Christelike predikant, eerw. Youcef Nadarkhani (35), opgelê het, is besig om momentum te kry.

Luidens berigte in die Europese media het Nadarkhani hom op 19-jarige ouderdom tot die Christendom bekeer. Hy is nou predikant in die Kerk van Iran, ’n los groepering Protestante wat in huise bymekaarkom om te aanbid omdat hulle nie kerkgeboue mag hê nie.

Nadarkhani het in 2009 beswaar gemaak teen ’n nuwe Iranse wet wat alle skoolkinders – hy het self twee op skool – verplig om daagliks uit die Koran te lees en Allah te aanbid. Hy is daarna in hegtenis geneem en voor die hof gedaag op aanklag van geloofsafvalligheid en pogings om ander Moslems afvallig te maak.

Sy regsverteenwoordigers het aangevoer dat die Iranse wet dit nie verbied nie. Die regters het die verweer op grond van ’n fatwa – ’n teologiese verklaring – van wyle ajatolla Roeholla Chomeini verwerp en hom ter dood veroordeel.

Sy appèl is ook verwerp, maar die uitvoering van die vonnis is uitgestel. Hy is meegedeel dat die vonnis versag sal word as hy sy geloof versaak.

Begin vandeesmaand het die Iranse staatsmedia berig dat Nadarkhani nie op grond van geloofsversaking veroordeel is nie, maar weens verkragting en afpersing – klagte wat volgens sy advokaat nooit in die hof aan hom gestel is nie.

Verskeie Westerse regeringsleiers het hulle die laaste dae skerp oor die saak uitgelaat.

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Hillary Clinton, het gesê haar land “staan vir ’n regering wat die menseregte en vryheid van almal wat in Iran woon, respekteer”, terwyl haar Britse eweknie, William Hague, hulde aan Nadarkhani vir sy dapperheid gebring het en ’n beroep op Iran gedoen het om die vonnis tot niet te maak.

Die Iranse ambassadeur in Berlyn is deur die kantoor van die bondskanselier, dr. Angela Merkel, ontbied met die “dringende eis” dat die vonnis nie voltrek word nie.

Die Italiaanse minister van buitelandse sake, Franco Frattini, het dit “’n skande, die ontkenning van die regstaat” genoem.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.