Werkers word siek ná hulle met oliestorting help
2010-05-27 22:23
New Orleans, Louisiana – Altesaam 125 kommersiële vissersbote wat help met die opruiming van ‘n oliestoring in die Breton Sound omgewing in Louisiana, is teruggeroep nadat vier werkers van gesondheidsprobleme begin kla het.
Die bemanningslede aanboord van drie verskillende bote het Woensdagmiddag begin kla van naarheid, duiseligheid, hoofpyne en borspyne, het ‘n verklaring gelui.
Dit laat vrae ontstaan oor die veiligheid van die opruiming en veral ook die beskerming wat aan werkers gegee word.
Een van die werkers is met behulp van ‘n helikopter na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.
Veiligheidsbeamptes vir BP tesame met Amerikaanse beamptes, kuswagte en omgewingsbewaring agentskappe is besig om die voorval te ondersoek.
- Sapa-AFP
Volg Nuus24 op Twitter.