Werker ontdek 'skatkis' in rommel
2012-12-19 18:06
Tokio – 'n Werker by 'n herverwerkingsaanleg in Tokio, Japan het $120 000 in fyngedrukte afval gevind.
"Daar was sowat 'n duisend 10 000 yen-note wat nie deur die poeiermeul beskadig is nie," het 'n woordvoerder vir die polisie gesê.
Die woordvoerder het bygevoeg dat 2 300 klein stukkies note ook by die fasiliteit, wat meubel-afval soos matrasse en kaste verwerk, gevind is.
Owerhede vermoed die eienaar van die geld het dit dalk in 'n kas vergeet toe die meubels weggegooi is.
"Ons glo nie dat hier enigiets krimineel is nie, maar moet sê ons weet nie veel van die geld nie," het die woordvoerder gesê.
Die geld is Maandag gevind. As niemand binne drie maande na vore kom nie, mag die herverwerkingsaanleg die geld eis, het die woordvoerder gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP