Wêreld se oudste skaap sterf

2009-11-24 09:07
Tweets Share Share line Print

Sydney, Australië – Lucky, ‘n ooi wat twee jaar gelede as die oudste skaap in die Guinness Book of World Records opgeteken was, het gesterf.

Sy is op die Australiese plaas oorlede waar sy 23 jaar terug gebore was, het berigte Dinsdag gelui.

Delrae Westgarth, wat Lucky aangeneem het nadat sy deur haar ma agtergelaat was, het gesê die skaap het deel van die familie geword, en sy was nie alleen toe sy Maandag gesterf het nie. 

“Ons het haar na die skuur geneem waar sy grootgeword het, en lugverkoelers by haar aangeskakel, wat haar bietjie langer laat lewe het. Maar ongelukkig het sy dit nie gemaak nie,” het Westgarth vanuit haar plaas in Ballarat gesê.

“Sy het gewoonlik teen die agterhek getjank en altyd die honde geterg.”

Lucky, wat tot die ouderdom van 180 in skaap-jare gelewe het, was onder haar gunsteling nartjieboom begrawe, en sal ‘n grafsteen gemaak van swart leiklip, kry.

Poskaarte van Lucky is reeds te koop by Lake Bolac se toerismekantoor, en sal glo ‘n versamelstuk word. 

Lucky het die langlewendheidstitel vanaf George, ‘n merino, wat drie jaar gelede in Warren, Nieu-Suid-Wallis gesterf het, oorgeneem. George was 21 jaar oud. 

- Sapa-dpa
 

Lees meer oor: australie  |  diere  |  kan jy glo

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.