Wenkbroue lig oor pedofilie-gids op Amazon
2010-11-12 05:36
Londen – 'n Selfgepubliseerde boek met raad aan pedofiele wat op Amazon beskikbaar is, sorg vir groot omstredenheid op die internet.
Sommige mense dreig selfs om dié webwerf te boikot.
Die beskikbaarheid van die boek Pedophile's Guide to Love and Pleasure: a Child-lover's Code of Conduct het vrae laat ontstaan of boeke wat op die webwerf verkoop word, nagegaan word.
Amazon stel skrywers in staat om hul eie boeke in te dien en verdeel die opbrengs.
Die webwerf het gesê hy bemark nie misdaad nie, maar verhoed ook sensuur.
Die skrywer, genaamd Philip R Greaves II, voer aan dat pedofiele verkeerd verstaan word en gee raad om hulle te help om die wet te gehoorsaam.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter