Welwillendheidswerkers aangekla vir meisie se dood
2011-03-23 20:00
New York - ‘n Distriksprokureur in New York sê twee voormalige welwillendheidswerkers vir kinders is aangekla in verband met die dood van ‘n vierjarige meisie, wat uitgehonger, geslaan en dwelms toegedien is.
Die meisie se ouma word ook aangekla van manslag.
Charles Hynes het Woensdag gesê voormalige werkers by die Administrasie vir Kinderdienste het nie genoeg gedoen om Marchella Brett-Pierce, wat op 2 September gesterf het, te help nie.
Die twee word aangekla van kriminele nalatigheid en wangedrag.
Die mediese ondersoeker sê Marchella het aan kindermishandeling-sindroom gely, wat akute dwelmvergiftiging, beserings deur ‘n stomp voorwerp, wanvoeding en dehidrasie insluit.
Sy het agt kilogram geweeg.
Die meisie se ma is in November onder meer van moord aangekla. Sy hou vol sy is onskuldig.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP