Weldoener deel geld uit
2010-01-09 09:07
Hong Kong - Hong Kong polisie het blykbaar ingetree om ‘n geheimsinnige weldoener te verhoed om groot bedrae geld aan vreemdelinge te gee.
Die man, wat in sy dertigs is, het ongeveer R18 900 getrek en die geld aan verbygangers begin uitdeel.
Teen die tyd wat die man sowat R2 000 weggegee het, het die polisie ingetree.
Wat die man aangespoor het om so vrygewig te wees, is nie heeltemal duidelik nie.
Hy het aan die polisie gesê dat hy hartseer was, en dat hy gedink het dit sal hom laat beter voel om geld weg te gee.
- Sapa