Weermag 'verneder' gevangenes vir inligting

2010-10-28 09:11
Tweets Share Share line Print

Den Haag - Die Britse weermag lei die ondervraers van gevangenes op om metodes toe te pas wat die Geneefse Konvensie verbreek, berig The Guardian.

Die koerant het opleidingsmateriaal in die hande gekry wat daarop dui dat daar van ondervraers verwag word om gevangenes te verneder, onseker te maak, te disoriënteer, uit te put en paniekbevange te maak.

Gevangenes moet byvoorbeeld gedwing word om heeltemal kaal tydens die ondervraging te wees. ’n Ander drukmiddel is om hulle te blinddoek.

Daarby word die ondervraers aangemoedig om die gevangenes vir lang tye in uiters ongemaklike posisies te hou en in pikdonker selle op te sluit waar absoluut geen lig inkom nie. Gevangenes se weerstand kan ook deur slaapgebrek gebreek word, lui die voorskrifte.

Gevangenes moet ook gedreig word dat hulle onbepaald in dié omstandighede aangehou sal word as hulle nie saamwerk nie. Die ondervraging moet plaasvind op plekke waartoe die media geen toegang het nie.

Die Geneefse Konvensie verbied “fisieke of morele dwang” om inligting te kry.

Britse koerante het onlangs berig van ’n ondersoek na die dood van Baha Mousa, ’n hotelwerker in Basra, Irak, wat in 2003 dood is ná “taktiese ondervraging”. Mousa het gestik deurdat ’n soldaat op sy rug gekniel en die kap oor sy kop skerp teruggepluk het. ’n Lykskouing het 93 verskillende beserings by hom uitgewys.

- Die Burger

Lees meer oor: weermag  |  skandale

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.