Weerlig slaan ma dood, kind leef
2010-09-11 13:00
Nouakchott - ’n Vrou is Vrydag hier deur weerlig doodgeslaan, maar haar kind, wat in haar arms was, het oorleef.
Die weerlig het bruilofgangers raak geslaan in Adina, sowat 70 km van die hoofstad, Nouakchott.
Vier mense het gesterf en twee is beseer.
Mauritanië het die afgelope paar weke erge donderstorms beleef, wat swaar vloede in dié noordelike Afrika-land veroorsaak het.
Duisende mense is reeds haweloos.
- Sapa-DPA