Weerlig slaan drie trougaste dood
2010-07-21 08:30
Addis Ababa – Drie trougaste is Sondag dood toe weerlig hulle getref het ten tyde van ’n huwelikseremonie in die weste van Ethiopië, het die polisie gesê.
Die oorledenes, ’n man en twee vroue, het almal op hul selfone gepraat toe hulle getref is by die troue in Assosa, sowat 700km wes van die hoofstad, het die plaaslike polisie aan die Ethiopian News Agency gesê.
Nog vier gaste is raakgeslaan, maar hulle is reeds weer op die been.
- Volg Nuus24 op Twitter.