Stockholm-bomaanvaller geïdentifiseer
2010-12-12 20:57
Sanaa – ‘n Islamitiese webtuiste het Sondag die bomaanvaller agter Saterdag se ontploffings in die Sweedse hoofstad Stockholm geïdentifiseer.
Volgens die webtuiste Shumukh al-Islam het Taymour Abdel Wahab die ontploffings veroorsaak. ‘n Foto van die man is ook op die webtuiste gepubliseer.
“Dit is ons broer, mujahid Taymour Abdel Wahab, wat die marteldood in Stockholm uitgevoer het,” het die webtuiste gesê.
Die man in die foto dra ‘n donkerbril en is in Westerse klere geklee.
Twee ontploffings het Saterdag in ‘n inkopiestraat in sentrale Stockholm plaasgevind.
Een man is dood en twee ander is beseer. Daar word vermoed dat die oorlede man die bomaanvaller was.
Die webtuiste het geen verdere details oor die vermeende bomaanvaller bekend gemaak nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP