Ware liefde so skaars soos lewe in ruimte?

2010-01-21 09:54
Tweets Share Share line Print

Londen – ’n Londense ekonoom kan dalk die bewys wees dat die liefde nie luister na statistieke nie.

Peter Backus, ’n vierdejaarstudent en lektor in ekonomie aan die Universiteit van Warwick, bereken sy kanse om ware liefde in Londen te vind is byna net so skraal soos om ruimtewesens in die Melkweg te vind – sowat 0,00034%, om meer presies te wees.

Backus het dieselfde Drake-formule, genoem na die afgestorwe sterrekundige Frank Drake, gebruik om sy kanse op ’n warm romanse te bereken.

Dié formule word deur wetenskaplikes gebruik om die potensiële aantal beskawings in die Melkweg te bepaal.

Die 31-jarige Backus, wat op ’n boot bly, het gesê hy is nie juis vol fiemies oor ’n liefdesmaat nie – sy moet net in Londen woon, tussen 24 en 34 jaar oud wees en universiteitsopleiding hê.

“Ek probeer nie snobisties, elitisties of moeilik wees nie,” het hy gesê oor sy voorkeur vir vroue met universiteitsopleiding.

“Almal het voorkeure. Ek dink net ons sal meer gemeen en ’n beter kans op ’n suksesvolle verhouding hê as sy op universiteit was.”

Sy kanse krimp verder omdat Backus skat net 5% van die vroue wat aan dié maatstawwe voldoen, sal vir hom aantreklik wees.

Dit beteken volgens hom daar is sowat 10500 vroue in Brittanje wat aan sy vereistes voldoen.

Dié syfer is net bo die 10 000 potensieel gevorderde beskawings wat volgens die Drake-formule in die Melkweg kan bestaan.

“Dit beteken verder net 0,14% van alle Londenaars en 0,017% van die Britse bevolking voldoen aan my vereistes,” het Backus gesê.

En soos hulle sê – “it takes two to tango”.

As dié ekonoom se droomvroue dieselfde voorkeure as hy oor hul ideale man het, dan is die kans dat hy iemand sal vind wat dieselfde oor hom sal voel as hy oor haar ’n skamele 0,00034%.

“Daar is met ander woorde net sowat 26 vroue in die ganse Brittanje met wie ek ’n wonderlike verhouding sal kan hê,” het Backus gesê.

“Op ’n tipiese aand uit in Londen is daar dus ’n 0,00034%-kans dat ek een van dié spesiale vroue sal ontmoet.

“Dit is ’n kans van 1 uit 285000 – nie juis inspirerend nie,” het hy gesê.

Die liefde kan egter blykbaar alles, insluitend uiters swak kanse, oorwin.

Sedert Backus sy artikel oor berekenings van die kanse op liefde geskryf het, het hy met sy buurvrou, Rose, begin uitgaan.

Sy is die regte ouderdom, sy het ’n universiteitsgraad en sy bly ook op ’n boot – wat is die kans?

– Reuters

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: kan jy glo

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.