Waaghalsige boekwurm se storie kortgeknip
2010-10-29 21:28
Ottawa – Die polisie het die wetboeke oopgegooi toe ‘n Kanadese boekwurm glo sit en lees het terwyl hy op ‘n besige hoofweg bestuur het, het owerhede Vrydag gesê.
Die Ontario-polisie het glo oproepe vanaf benoude motoriste op die 401-hoofweg ontvang wat gekla het oor die feit dat ‘n man boeklees terwyl hy agter die stuur sit.
“Die motoriste het aan die polisie gesê dat die bestuurder ‘n Pontiac G5 ry en dat die dakliggie skyn sodat hy kan sit en lees terwyl hy bestuur,” het die polisie in ‘n verklaring gesê.
Na bewering het die polisie dadelik reageer en die 24-jarige motorbestuurder gevind waar hy in die middel van die hoofweg gery het, met sy neus in ‘n boek begrawe.
Die verdagte is vir roekeloos en nalatige bestuur aangekla.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA