Waaghals wil dié rekord laat (vry)val

2012-02-11 08:30
Tweets Share Share line Print

Los Angeles. – ’n Oostenrykse valskermspringer beoog om die wêreld-vryvalrekord later vanjaar te verbeter deur van ’n hoogte van 37 000 m uit ’n heliumballon te spring.

Met dié sprong hoop Felix Baumgartner (41) om boonop die eerste mens te word wat sonder ’n vliegtuig deur die klankgrens breek.

Baumgartner sal tydens die duiselingwekkende vryval van die boonste stratosfeer bykans vyf en ’n half minute lank val voordat hy sy valskerm sal laat ontplooi.

Die poging sal na verwagting die rekords vir sowel die hoogste as langste vryval en die hoogste bemande ballonvlug verbeter.

Baumgartner sal later vanjaar, wanneer die weer gunstig is, in ’n spesiale heliumballon wat deur die Red Bull Stratos-span gebou word, by Roswell in die Amerikaanse deelstaat Nieu-Mexiko opstyg.

Die Red Bull Stratos-span het vandeesweek op sy webwerf, www.redbullstratos. com, gesê Baumgartner se sprong in baie dun, suurstofarme lug, byna op die grens van die ruimte, sal ’n eksperiment wees wat waardevolle inligting sal oplewer oor hoe om mense veilig in soortgelyke toestande te plaas.

Daar word verwag hy sal aan die begin van sy sprong, waar die lug baie dun en die windweerstand baie laag is, snelhede van meer as 1 110 km/h bereik en sodoende die klankgrens breek. Soos hy val, sal die lug digter word en sy snelheid afneem.

Die projekspan het gesê die spesiale drukvaste ruimtepak wat vir hom ontwikkel is, sal ’n nuwe standaard vestig vir beskermende kleredrag vir baie hoë hoëspoed-valskermspronge wat vir toekomstige lugmagvlieëniers, ruimtevaarders en selfs ruimtetoeriste van waarde kan wees.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Sapa - AFP

Lees meer oor: waaghals

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.