Vyf vas wat piranhas in Filippyne smokkel
2011-12-03 16:08
Manilla – Vyf mense wat met vleisetende piranhas in die Filippyne betrap is, is deur die polisie in hegtenis geneem het.
Ten minste 62 lewende piranhas is Donderdagaand gekonfiskeer ná 'n klopjag waarin 'n beampte van die departement van visserye hom as 'n koper voorgedoen het, het senior-supt. Jude Santos, aan AFP gesê.
Die visse, wat bekend is vir hul skerp tande en vermoë om die vleis van 'n karkas te ruk, was vir akwariums bestem," het die polisie gesê.
Maar as hulle in plaaslike kanale of riviere beland kan hulle vinnig aanteel en 'n bedreiging vir plaaslike visspesies en selfs mense word, het Santos gewaarsku.
Die vyf verdagtes het geweier om te sê waar hulle die visse, wat inheems aan Suid-Amerika is, gekry het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP