Vyf vas in verband met casino-brand
2011-08-29 21:59
Monterrey – Vyf verdagtes van die Zetas-dwelmbende het
erken dat hulle deelgeneem het aan die brandstigting-aanval by ‘n casino in
Monterrey, waartydens 52 mense hul lewens verloor het.
Rodrigo Medina, die goewerneur van die staat Nuevo
Leon, het die aankondiging slegs vier dae ná die brand by die Casino Royale
gemaak.
“Hulle het almal erken dat hulle aan die Zetas
behoort,” het Medina tydens ‘n mediakonferensie gesê.
Die Mexikaanse regering het Vrydag ‘n beloning van $2.4 miljoen (sowat R17 miljoen) aan
enigiemand met inligting wat tot die skuldiges se inhegtenisneming kan lei,
aangebied.
Adrian de la Garza, ‘n aanklaer in Nuevo Leon,
het gesê die beskuldigdes het erken dat hulle by die aanval betrokke was.
Een van die beskuldigdes is 'n minderjarige.
Volgens Medina was die verdagtes onder die
invloed van dwelms toe hulle die aanval uitgevoer het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP