Vyf sterf toe gebou in Nieu-Delhi inmekaar stort
2012-01-04 12:13
Nieu-Delhi – Minstens vyf mense, insluitende twee kinders, is Woensdag dood toe ‘n gebou in Nieu-Delhi inmekaar gestort het, vermoedelik omdat swak kwaliteit boumateriaal gebruik is, het die polisie gesê.
“Die struktuur het inmekaar gesak omdat dit oud en swak was,” het ‘n plaaslike polisiebeampte, Abhinandanm, gesê.
“Dit wil voorkom asof dit uit materiaal gebou is wat onder standaard was.”
Minstens agt mense is beseer toe die enkelverdieping gebou in die westelike deel van Mundka inmekaar gesak het.
Die polisie het berigte verwerp wat gesê het dit is deur ‘n gasontploffing veroorsaak.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA