Vyf polisiebeamptes buite Mexiko-stad doodgeskiet
2012-01-25 08:05
Mexiko-stad – Vyf polisiebeamptes is Maandag doodgeskiet nadat hulle ‘n voertuig in ‘n dorp buite Mexiko-stad voorgekeer het, het beamptes gesê.
Alfredo Castillo Cervantes, die hoofaanklaer in Mexiko, het gesê die munisipale beamptes van Ixtapaluca het die voertuig voorgekeer en ‘n taxi en ‘n ander voertuig van die pad afgetrek toe daar op hulle losgebrand is.
Castillo het gesê ondersoekers beweer die aanval was ‘n poging om die mense te bevry wat deur die beamptes voorgekeer is.
Twee burgerlikes, een dood en een beseer en bewusteloos, is op die toneel gevind.
Die polisie reken hulle was deel van die groep aanvallers.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP