Vyf kinders sterf toe huis brand
2010-11-10 01:12
Florida – Ondersoekbeamptes het Dinsdag onverpoos gewerk om te bepaal wat die oorsaak was van ‘n brand by ‘n huis in Marion Count, Florida.
CNN het berig dat vyf kinders in die brand gesterf het.
“Met die brandweer se aankoms op die toneel was die huis reeds heeltemal in vlamme gehul. Die huis was uit hout gemaak,” het Peveeta Persaud, woordvoerder vir die brandweer in Marion County, gesê.
Twee meisies, onderskeidelik ses en 12 jaar oud, asook drie seuns (agt, 13 en 15 jaar oud) het in die brand gesterf.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.