Vyf duisend bome herdenk Nobelpryswenner se lewe
2011-10-03 21:08
Nairobi – Prof. Wangari Maathai se lyk sal veras
word en volgens haar laaste wense sal haar oorskot by die Keniaanse opvoedkundige sentrum,
toegewy aan vrede en die omgewing, gestrooi word.
Vertistine Mbaya, ‘n goeie vriendin van
Maathai, het namens Maathai, wenner van
die Nobelprys vir vrede, se familie gepraat.
Ter herdenking van Maathai se lewe sal vyf
duisend bome in Kenia geplant word, het Mbaya gesê.
Prof. Wangari Maathai was die eerste vrou uit
Afrika om die Nobelprys vir vrede te wen.
Sy het die prys onder meer gewen vir haar
bydrae tot omgewingsbewaring en haar stryd om vroueregte en ’n deursigtige
regering.
Maathai is in September ná ‘n lang stryd teen
kanker in Nairobi oorlede.
Volg Nuus24 op Twitter.