Vyf dood in veiligheidsoefening op passasierskip
2013-02-11 09:08
Madrid – ‘n Veiligheidsoefening op ‘n passasierskip wat skeefgeloop het, het gelei tot die dood van vyf bemanningslede in die Kanariese Eilande, het Thomson Cruises Sondag gesê.
Drie ander werkers is beseer, het die maatskappy gesê.
Die ongeluk het laat Sondagoggend aan boord die Thomson Majesty plaasgevind terwyl dit in La Palma, een van die kleinste eilande in die groep, vasgemeer was, berig CNN.
Die ongeluk het plaasgevind toe ‘n reddingsboot met 'n paar mense aan boord tydens die oefening by die boot afgeval het, het berigte gelui.
Die maatskappy het nie onmiddellik die besonderhede bevestig nie, maar het in ‘n verklaring gesê: “Ons werk saam met die skeepseienaars en bestuurders, Louis Cruises, om vas te stel wat presies gebeur het en om hulp te bied aan dié wat deur die ongeluk geraak is. Ons werk ook saam met die nodige beamptes en sal ons volle samewerking gee in hul ondersoeke.”
– CNN
– Volg Nuus24 op Twitter