Vyf dood, 23 beseer in nagklub-skietery
2012-01-22 20:58
Guatemala Stad – Minstens vyf mense het gesterf en 23 is gewond naby die hoofstad van Guatemala toe aanvallers binne ‘n nagklub wild begin skiet het, het beamptes Sondag gesê.
Die skietery by die El Rancho-nagklub in die dorp Villa Nueva, net buite Guatemala Stad, tel onder die mees gewelddadige in onlangse tye.
Die polisie sê hulle het vyf M16-aanvalsgewere op die toneel gevind. Dit is egter nog nie duidelik wie die aanval uitgevoer het en hoekom nie.
Villa Nueva word geteister deur gewelddadige misdaad. Tot 38 moorde per 100 000 inwoners vind hier plaas.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP