Vyf Taliban-bevelvoerders in Pakistan gedood
2011-10-27 15:45
Pesjawar, Pakistan – ‘n Aanval deur Amerika het Donderdag vyf bevelvoerders van een van Pakistan se mees invloedryke Taliban-leiers, Maulvi Nazir, gedood, het een van die faksie se senior-bevelvoerders aan Reuters gesê.
Nazir se groep, wat in Pakistan se Suid-Waziristan gebaseer is, fokus daarop om Amerikaanse Navo-troepe oor die grens na Afganistan aan te val.
Die senior-bevelvoerder het vier van die slagoffers geïdentifiseer as Hazrat Omar, Nazir se jonger broer, Khan Mohammad, Miraj Wazir en Ashfaq Wazir.
Die jongste aanval kom byna ‘n week nadat Hillary Clinton, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Islamabad saam met hoë-vlak Amerikaanse weermaglede en intelligensiemagte besoek het.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters