Vyf Iranese pelgrims dood in Irak
2009-07-22 10:33
Baghdad, Irak – Vyf Iranese pelgrims waaronder ‘n vrou is doodgeskiet op ‘n bus in Baquba.
“Minstens vyf mense is dood toe die bus waarin Iranese pelgrims gereis het deur gewapende mans in die Nabi Wais-streek aangeval is,” het ‘n polisiewoordvoerder gesê.
Die vyf mense was deel van ‘n groep van 30 pelgrims wat in die noordooste van Baquba gereis het.
SAPA-AFP