Vulkaan ontwrig vlugte in Indonesië
2010-11-10 11:50
Djakarta – 'n Vulkaan in Indonesië het pres. Barack Obama gedwing om sy besoek aan dié land kort te knip en sommige internasionale vlugte is gekanselleer weens kommer oor lugveiligheid.
Berg Merapi in die ooste van Djakarta, het vir die afgelope twee weke groot wolke as en gas hoog in die lug geskiet en die lewens van minstens 153 geëis.
Twee lughawens in die gebied moes ook gesluit word.
Obama moes Woensdag talle ure uit sy 24-uur warrelwind-toer sny.
Syaiful Bahri van Djarkarta se internasionale lughawe, het gesê kommer oor die vulkaniese as het ook meegebring dat talle internasionale lugrederye hul vlugte na en uit die land kanselleer.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP