Vulkaan kan enige oomblik uitbars
2010-11-08 18:37
Mount Merapi – Verskrikte inwoners van ‘n stad aan die voet van Indonesië se dreunende vulkaan het Maandag gevlug vir hul lewens.
Dít kom na waarskuwings dat Mount Merapi enige oomblik kan uitbars.
Busse, treine en voertuie was volgeprop soos die sowat 400 000 inwoners probeer het om die stad te ontruim.
Sowat 141 mense is die afgelope twee weke reeds dood sedert die berg begin het om rook en lawa uit te spoeg.
“My ouers bel my aanhoudend en sê ek moet hier wegkom. Hul wil hê ek moet huis toe gaan waar dit veilig is,” het Linda Ervana (21), ‘n student, gesê terwyl sy en vriende by ‘n treinstasie gewag het om uit die stad te kom.
Hierdie is Mount Merapi se dodelikste uitbarsting in 80 jaar, het owerhede gesê.
“Dit voel of ek in die film 2012 is,” het Paulina Setin (22) gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA