Vulkaan bars uit in Indonesië
2010-10-26 16:28
Yogyakarta, Indonesië - Indonesië se berg Merapi het Dinsdag drie keer ontplof en wolke en vulkaniese as die lug ingestuur, het 'n vulkanoloog gesê.
Minstens 20 mense is beseer.
"Ons het drie ontploffings omstreeks 13:00 gehoor en vulkaniese materiaal is sowat 1,5km opgeskiet," het 'n vulkanoloog van die regering gesê.
Inwoners is gevra om die gebied te verlaat omdat aktiwiteit die laaste 24 uur toegeneem het.
'n Waarskuwing is Maandag in Java se middestad uitgereik en sedertdien is meer as 600 vulkaniese aardbewings rondom die berg aangemeld.
Volg Nuus24 op Twitter
- AFP