Vulkaan Merapi-dodetal styg tot 153
2010-11-09 11:00
Mount Merapi – Die dodetal het tot 153 gestyg sedert die vulkaan op die Indonesiese berg Merapi weer aktief begin raak het, het plaaslike owerhede gesê.
Inwoners van die stad aan die voet van die berg het nou op die vlug geslaan uit vrese dat die vulkaan moontlik wéér kan uitbars.
Op hierdie stadium kom daar net as uit die vulkaan en was daar Vrydag laas ‘n uitbarsting gewees.
Verskeie mense het tydens dié uitbarsting gesterf nadat giftige gasse hul oorval het.
Volgens ‘n hospitaal aan die voet van die vulkaan is 12 lyke Dinsdag na die lykshuis gebring. Sewe van die lyke is in ‘n dorp gevind wat heeltemal deur die vulkaan vernietig is.
Vyf persone, wat erge brandwonde opgedoen het, het ook aan hul beserings beswyk.
Merapi het die afgelope dekade reeds sowat 1400 mense se lewens geëis.
Volg Nuus2 4 op Twitter.
- SAPA