Vuiste klap... by grassnyer-resies
2011-01-17 15:40
Wellington – ‘n Grassnyer-resies in Nieu-Seeland het in geweld geëindig toe mededingende bestuurders mekaar begin stamp het, het nuusberigte Maandag gesê.
Die resies is by ‘n landbouskou by die Hayes-meer in die suid-eiland gehou.
Die wedren was “baie vermaaklik en in die begin het die gehoor waarskynlik gedink dat dit ‘n toertjie was,” het Andrew Wallace, ‘n ooggetuie, aan Otago Daily Times vertel.
Dit het later duidelik geword dat die resies lelik begin uitdraai.
“Gelukkig het die ouens helms gedra.”
Mike Smith, voorsitter van die skou, het aan Southland Times vertel dat die bakleiery glo deur twee vyande veroorsaak is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA