Vroulike avonturier pak Antarktika alleen aan
2011-11-20 21:19
Caracas, Venezuela – ‘n Drie-en-dertigjarige Britse avonturier berei voor vir ‘n geskiedkundige tog deur Antarktika op ski’s en wag tans by die basiskamp vir die weer om beter te word voordat sy met haar groot reis begin.
Felicity Aston sê sy het nie net fisies nie, maar ook sielkundig, voorberei vir haar enkel ekspedisie oor die gevriesde kontinent.
Aston het aan Associated Press Radio gesê dat sy met ‘n sport-sielkundige gepraat het, aangesien, soos sy dit stel, “so baie hiervan afhang van waar jou kop is.”
Haar doelwit is om die eerste persoon te word om alleen oor Antarktika te reis deur van spierkrag gebruik te maak.
Indien sy die reis laat in Januarie, soos wat sy beplan, voltooi, sal sy ook ‘n rekord opstel vir die langste reis wat alleen deur ‘n vrou in een van die pole afgelê is. Die reis sal sowat 70 dae neem.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP