Vroue met burkas in hegtenis geneem
2011-04-11 17:00
Parys – Polisie het Maandag twee vroue wat tydens 'n betoging gesigsluiers gedra het, in Parys in hegtenis geneem.
Polisie het talle ander mense wat voor die Notre Dame-katedraal betoog het, ook in hegtenis geneem. Hulle het teen Frankryk se nuwe verbod teen die burka betoog.
Dié Islamitiese gesigsluiers mag van Maandag af nie in die openbaar gedra word nie.
Volgens ‘n AFP-joernalis, wat op die toneel was, is die mense in hegtenis geneem nadat polisie in beweeg het om die betogers uitmekaar te jaag.
Polisie het Saterdag 59 mense, waarvan 19 vroue was wat sluiers gedra het, in hegtenis geneem.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP