Vrou weier chemo sodat baba kan lewe
2011-10-19 19:48
Oklahoma – ‘n Vrou wat chemoterapie geweier het sodat
haar ongebore kind kan leef, is drie dae ná die kind se geboorte oorlede, berig Sky News.
Stacie Crimm van Oklahoma was swanger en het
kankerbehandeling geweier sodat sy haar baba kon hou.
Die dokters het vir Stacie gesê dat sy nooit
sal kan kinders kry nie.
Sy het egter in Maart swanger geword en dit as
‘n wonderwerk beskou.
Kort daarna is sy met kanker gediagnoseer.
Die 41-jarige vrou het kankerbehandeling,
wat moontlik haar lewe kon red, geweier sodat haar baba kon leef.
Nadat die kanker na haar brein versprei het, het
sy en haar dokters besluit dat sy ‘n keisersnee moet ondergaan.
Die babatjie is vier maande vroeg gebore.
Skaars drie dae ná die baba se geboorte is
Stacie oorlede.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.