Vrou wat Cain van seksuele teistering beskuldig gaan praat
2011-11-07 21:05
New York – Die vierde vrou wat die
Republikeinse presidensiële kandidaat, Herman Cain, van seksuele teistering beskudlig, sal die beweerde voorvalle tydens ‘n perskonferensie beskryf.
Gloria Allred beweer dat Cain haar seksueel
geteister het “toe sy na hom gegaan het vir hulp aangaande indiensneming”
terwyl hy die president van die National Restaurant Association was.
Sy is die eerste vrou wat Cain van seksuele teistering aankla wat bereid is om haar identiteit bekend te maak.
Ten minste drie ander vroue sê dat Cain hulle
seksueel geteister of aangerand het terwyl hy vir die National Restaurant Association gewerk
het.
Cain dring daarop aan dat die aantygings teen
hom vals is.
Die restaurant-vereniging het intussen ‘n
uitbetaling aan een van die vroue gemaak nadat sy hom van seksuele teistering
beskuldig het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters