Vrou vind matroos se brief in bottel

2010-03-02 15:27
Tweets Share Share line Print

Tapei – ’n Vrou van Taiwan wat vroeër vanjaar ’n bottel met ’n boodskap van ’n matroos af opgetel het, het Dinsdag gesê sy sien daarna uit om hom eendag te ontmoet.

Hsiao Wei-chen, ’n winkelklerk op die eiland, Orchid aan die suidooste kus van Taiwan het dié groen bottel op die strand opgetel toe sy die middag gaan stap het.

Die boodskap kom glo van ‘n Amerikaanse seevaarder af wat die bottel in die see gegooi het.

Die brief binne-in die bottel is deur Oliver Hickman geskryf.

Hy het die ontdekker van die boodskap gesondheid en geluk toegewens. Hy het ook gesê die wêreld is vol pret, liefde en prag.

Hickman het die bottel in 2008 naby Wake-eiland in die Stille Oseaan gegooi.

Hsiao het gesê sy het ‘n brief aan Hickman teruggeskryf, maar het nog niks van hom gehoor nie.

Die United Daily News het Dinsdag vir haar laat weet hulle het met Hickman in kontak getree, wat gesê het hy is bly die brief is deur Hsiao gevind.

Hickman het Hsiao se foto op sy blog geplaas en geskryf:

"’n Boodskap in ‘n bottel is vanaf ‘n skip in die see gegooi en het op die strand van die eiland, Orchid uitgespoel. Dit het glo groot nuus op die klein eiland gemaak.”

Dit is die tweede keer wat Hickman se boodskap in ‘n bottel gevind is.

Hickman het aan dpa per e-pos gesê hy is al vir die afgelope sewe jaar ‘n seeman op vragskepe.

Hy skryf elke keer 'n nuwe brief wanneer hy op 'n nuwe skip werk.

“Ek wonder altyd wie die brief sal kry en watter taal hulle praat. Nou het ek al ‘n paar antwoorde op van my vrae ontvang.”

Hickman het nie gesê of hy ‘n besoek aan Orchid-eiland gaan aflê om vir Hsaio, wat getroud is en twee kinders het, te gaan ontmoet nie.

"Ek het altyd geglo die see bring geluk en verrassings. Nou het dit gebeur en ek voel soos die gelukkigste persoon op aarde."

-Sapa-dpa   
 

Lees meer oor: kan jy glo

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.