Vrou vervals swangerskap, gryp baba

2012-01-10 10:10
Tweets Share Share line Print

Wellington – ‘n Vrou van Nieu-Seeland wat haar swangerskap vervals het, is in hegtenis geneem nadat sy ‘n baba by ‘n hospitaal wou ontvoer, het die polisie Dinsdag gesê.

Neha Narayan is in hegtenis geneem nadat sy op pad na die hospitaal se parkeerterrein met die baba betrap is. Haar kêrel het daar gewag om haar huis toe te neem. Hy was onder die indruk dat dit hul baba was.

Narayan het nege maande lank voorgegee dat sy swanger is voor sy vir haar kêrel gevra het om haar by Auckland se Middlemore hospitaal af te laai omdat sy moet kraam, het Ana-Mari Gates-Bowey, ‘n polisiewoordvoerder, gesê.

In die hospitaal kon Narayan (24), van Fiji-Indiese afkoms, vrylik in die kraamsaal rondloop.

Op ‘n gegewe tyd het sy ‘n baba vasgehou wat sy glo getroos het. Later het ‘n personeellid van die hospitaal ‘n Indiese baba vir haar gegee om vas te hou omdat sy geglo het Narayan is die ma, het Gates-Bowey gesê.

Narayan het toe glo na die parkeerterrein geloop waar haar kêrel en ‘n ander persoon vir haar gewag het. Albei was onder die indruk dat sy wel swanger was, het Gates-Bowey gesê.

Die baba se ouers het gesien hoe Narayan met hulle kind wegloop en van die personeel bewus daarvan gemaak.

“Op pad uit die hospitaal, terwyl sy ‘n twee dae oue Indiese baba by haar gehad het wat sy uit die kraamsaal geneem het, het ‘n verpleegster haar gestop en gevra om terug te gaan,” het Gates-Bowey gesê.

Die polisie is gebel en Narayan is van ontvoering aangekla.

Sy is intussen op borgtog vrygelaat en sal later vandeesmaand in die hof verskyn.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Sapa - AFP

Lees meer oor: nieu-seeland  |  ontvoerings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.