Vrou versmoor kinders, pleeg selfmoord
2010-12-21 18:37
Wallis - ’n Vrou van Trawsfynydd, naby Harlech in noord Wallis het glo haar twee seuns versmoor en toe selfmoord gepleeg, berig die Daily Mail.
Volgens vriende het Melanie Stevens (36) en haar twee seuns, Philip (5) en Isaac (2), nog dae voor Kersfees koeke gebak.
’n Kersboom kon deur die huis se venster gesien word terwyl ’n fiets voor die huis se deur gelaat is.
Die drie se liggame is deur polisie ontdek.
Die polisie ondersoek die saak, maar daar word vermoed dat Melanie dalk aan depressie gely het. Die vrou se vriende sê wel sy was gelukkig en vriendelik.
Rodnie Evans, wat jare gelede met Melanie in ’n verhouding was, het dae voor die tragedie die huis besoek, maar het nie opgelet dat iets nie pluis is nie.
“Ons het klavier gespeel en sy was baie vrolik.”
- Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter